Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.
September 11, 2022Taaldinge 11 September 2022Die hoofredakteur van die WAT, dr. Willem Botha, en ‘n senior mederedakteur, Alet Cloete, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer stadion vs stadium, en ronde vs rondte....more23minPlay
September 04, 2022Taaldinge 4 September 2022Wat is die aard van Standaardafrikaans? Hoe pas dit in tussen al die Afrikaanse variëteite? Hoe gaan die Taalkommissie te werk om dit te beskryf? Die voorsitter van die kommissie, Suléne Pilon, praat met Ina Strydom hieroor....more23minPlay
August 28, 2022Taaldinge 28 Augustus 2022Die Afrikaanse Taalraad wil wetenskaplik bepaal wat die stand van Afrikaans is. Die raad se bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel meer oor die projek....more24minPlay
August 21, 2022Taaldinge 21 Augustus 2022Die Afrikaanse Wikipedia groei aansienlik, en is van hoë gehalte. ‘n Direkteur van die Wikimedia-stigting Suid-Afrika, Deon Steyn, vertel van ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns....more20minPlay
August 14, 2022Taaldinge 14 Augustus 2022Luisteraars se taalnavrae word beantwoord deur Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT. Van die vrae wat bespreek word is die herkoms van die woord UITERAARD en die uitdrukking LEPEL IN DIE DAK STEEK. En, is die Guptas AAN DIE MAN GEBRING of AAN DIE KAAK GESTEL?...more23minPlay
August 07, 2022Taaldinge 7 Augustus 2022Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom van die UJ-pryse vir Zoeloe, Noord-Sotho en literêre vertaling wat pas bekend gemaak is. Sy vertel ook wat die vereistes vir ‘n goeie vertaling is....more21minPlay
July 31, 2022Taaldinge 31 Julie 2022Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, stel ‘n nuwe toepassing bekend vir sy aanlyn Lees- en Luisterbiblioteek wat daarop gemik is om kinders se lees- en spelvaardighede te bevorder. Die taaladviseur, Sophia Kapp, vertel hoe dit werk....more22minPlay
July 24, 2022Taaldinge 24 Julie 2022Jana Luther vertel hoe sitate van bekende skrywers in die WAT opgeneem is, om hulle gebruik van bepaalde woorde en begrippe aan te dui. Die ouer skrywers, Alba Bouwer, Audrey Blignault, E. Kotze en Louis Leipoldt word as voorbeelde gebruik....more23minPlay
July 17, 2022Taaldinge 17 Julie 2022Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT verduidelik onder meer die herkoms van die uitdrukking, “weet watter vleis jy in die kuip het”, en waarom so baie Afrikaanse vanne na voëls en diere verwys....more23minPlay
July 10, 2022Taaldinge 10 Julie 2022Baie tale het ‘n bydrae gelewer tot die ontstaan van Afrikaans – ook Arabies. Dr. Shamiega Chaudharie, ‘n dosent in Afrikaans aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, vertel vir Ina Strydom meer hieroor, en oor ‘n projek van die Afrikaanse Taalmonument en Museum wat daarop gemik is om Afrikaans se Arabiese erfenis te bewaar....more19minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.