Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 720 episodes available.
November 20, 2022Taaldinge 20 November 2022Prof. Frenette Southwood en Helena Oosthuizen van die Universiteit Stellenbosch en Nina Brink van die Noordwes-Univesiteit vertel van ‘n kindertaalprojek wat gedoen word in al elf landstale. Die oogmerk is om kindertaalontwikkeling te monitor en leemtes betyds op te spoor....more25minPlay
November 13, 2022Taaldinge 13 November 2022Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom van die heersende teorieë oor taal en die kognitiewe wetenskap, en tegnologiese voortuitgang in dié verband....more21minPlay
November 06, 2022Taaldinge 6 November 2022Prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU vertel vir Ina Strydom van nuwe navorsing wat bevind het dat ouers advies in boeke wil hê, wat soortgelyk is aan die ouderdomsbeperkings in rolprente. Die skrywers en uitgewers moet hierdie inligting in boeke aanbring....more23minPlay
October 30, 2022Taaldinge 30 Oktober 2022Jana Luther, sekretaris van die Taalkommissie, praat oor standaardtaal en geselstaal, dat die een nie belangriker as die ander is nie, en dat daar ruimte vir variasie moet wees....more18minPlay
October 23, 2022Taaldinge 23 Oktober 2022Roné Wierenga vertel vir Ina Strydom van VivA se spraakatlas, en ‘n databasis van stemopnames wat vir taaltegnologieë gebruik word....more21minPlay
October 16, 2022Taaldinge 16 Oktober 2022In Taalnavrae gee dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur van die WAT, onder meer duidelikheid oor die verskil tussen naatloos en soomloos; die beklemtoning van woorde se invloed op die betekenis van ‘n sin; en die gebruik van manlike en vroulike vorme van woorde....more22minPlay
October 09, 2022Taaldinge 9 Oktober 2022‘n Nuwe Afrikaanse boek oor filmontleding, en met Afrikaanse filmterme, verskyn binnekort. Dit is veral gemik op senior hoërskoolleerlinge, maar is ook geskik vir onderwysers en ander belangstellendes. Leon van Nierop het vir Ina Strydom vertel hoe hulle te werk gegaan het met die terminologielys, en hoe die boek bydra tot die ontwikkeling van die Afrikaanse filmbedryf....more22minPlay
October 02, 2022Taaldinge 2 Oktober 2022Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het onlangs deelgeneem aan ‘n konferensie in Duitsland met die tema, Klein Tale, Groot Idees. VivA se taalkundeskrywer en onderrigmateriaalontwerper, Nadine Fouche-Karsten, vertel meer oor VivA se bydrae, en die waarde van die konferensie....more20minPlay
September 25, 2022Taaldinge 25 September 2022Die voorsitter van die Suider Afrikaanse Neerlandistiekvereniging, prof. Adri Breedt, vertel van hulle onlangse kongres saam met die Internasionale Neerlandistiekvereniging. Prof. Anne-Marie Beukers gee besonderhede oor die nagraadse beurse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns....more22minPlay
September 18, 2022Taaldinge 18 September 2022Prof. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans aan die UWK praat met Ina Strydom oor taalvariasie, wat dit is, en waarom dit belangrik is vir Afrikaansonderrig in skole....more21minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 720 episodes available.