Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.
February 13, 2022Taaldinge 13 Februarie 2022Wat is die reël by die gebruik van die voornaamwoorde, wie en wat? Hoe word die woorddeel, -self, saam met wederkerende voornaamwoorde gebruik? Ina Strydom en die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, sit die gesprekreeks oor skoolgrammatika voort, en fokus op die woordsoort voornaamwoorde....more24minPlay
February 06, 2022Taaldinge 6 Februarie 2022Wat beteken “iets op sy elf en dertigste doen”; waarom kla ons “steen en been” en is dit hartomleiding of hartomlyning? Hierdie en ander vrae word in Taalnavrae beantwoord....more15minPlay
January 30, 2022Taaldinge 30 Januarie 2022Die Taalkommissie het vir die eerste keer in sy bestaan van meer as 100 jaar ‘n vrou as voorsitter. Ina Strydom praat met die nuwe voorsitter, Sulene Pilon, en die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, oor die Taalkommissie se nuwe model, en planne vir die kommissie se termyn....more21minPlay
January 23, 2022Taaldinge 23 Januarie 2022Ina Strydom en VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, sit hulle reeks oor skoolgrammatika voort en praat oor werkwoorde. Dit sluit onder meer in: hoe word daar onderskei tussen hoofwerkwoorde en niehoofwerkwoorde; wat is koppelwerkwoorde; en wat is ‘n omskrywingswerkwoord?...more23minPlay
January 16, 2022Taaldinge 16 Januarie 2022Die voorsitter van die raad van die Afrikaanse taalmonument en -museum, Jean Meiring, vertel vir Ina Strydom meer oor die projekte van die ATM....more22minPlay
January 09, 2022Taaldinge 9 Januarie 2022Marlie Coetzee, die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), vertel meer van nuwe dienste en onderrighulpmiddels vir Afrikaansonderwysers en leerlinge....more18minPlay
January 02, 2022Taaldinge 2 Januarie 2022Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Die gaste is dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hulle verduidelik onder meer waar die woord, blikners, vandaan kom, en wat die verskil is tussen blykbaar, skynbaar en klaarblyklik....more18minPlay
December 26, 2021Taaldinge 26 Desember 2021Teen die einde van die jaar maak woordeboeke en ander intansies hulle Woord van die Jaar bekend. Jana Luther vertel hoe die proses werk, en vertel ook van die woorde wat vanjaar aangewys is in ander dele van die wêreld....more19minPlay
December 19, 2021Taaldinge 19 Desember 2021In die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur Sophia Kapp, oor setsels. Sy verduidelik onder meer waarom dit nie net voorsetsels genoem word nie....more23minPlay
December 12, 2021Taaldinge 12 Desember 2021Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, verduidelik wat taalnorme is en hoe taalvariasie ‘n invloed het op normering....more20minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.