Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.
March 12, 2023Taaldinge 12 Maart 2023Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe die oudit gedoen word....more19minPlay
March 05, 2023Taaldinge 5 Maart 2023Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne....more21minPlay
February 26, 2023Taaldinge 26 Februarie 2023Daar is vir die eerste keer 'n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek....more24minPlay
February 19, 2023Taaldinge 19 Februarie 2023Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur? Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus. Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit....more26minPlay
February 12, 2023Taaldinge 12 Februarie 2023As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig. Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan....more21minPlay
February 04, 2023Taaldinge 5 Februarie 2023‘n Taalkundedosent van die department Afrikaans by die NWU se Potchefstroom-kampus, Nina Brink, vertel hoe metonimie in babas en peuters se vroeë taalgebruik voorkom....more20minPlay
January 29, 2023Taaldinge 29 Januarie 2023Die Afrikaanse Taalraad is op vele vlakke betrokke om Afrikaans in al sy variëteite te bevorder en te beskerm. Die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die ondervoorsitter van die direksie, dr. Hendrik Theys, en die koördineerder in die Suide, Ria Olivier, vertel aan Ina Strydom wat hulle planne vir die jaar is....more23minPlay
January 22, 2023Taaldinge 22 Januarie 2023Dr. Phillip Louw is die nuwe hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy praat oor die noodsaaklikheid van skoolwoordeboeke in ander tale, die belang van moedertaalonderrig, en sy visie vir die WAT....more20minPlay
January 15, 2023Taaldinge 15 Januarie 2023Die aanspreekvorme, oom en tannie, het sommige mense warm onder die kraag. Ander meen dis ‘n teken van respek. Dr. Carla Ellis van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs haar Ph.D verwerf met ‘n sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van dié aanspreekvorme. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die studie en haar bevindings....more24minPlay
January 08, 2023Taaldinge 8 Januarie 2023Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Pretoria, vertel hoe woorde van vreemde herkoms in Afrikaans hanteer word. Daar is vertaling, transkripsie, transliterasie en ontlening....more23minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.