Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.
April 16, 2023Taaldinge 16 April 2023Watter nut het idiome? Dalk moet ‘n mens sommer maar reguit sê wat jy bedoel. Maar enige moedertaalspreker wat sy sout werd is, sal weet dat uitdrukkings en idiome so ingeburger is dat ‘n mens skaars besef jy gebruik dit. Die oorsprong van uitdrukkings in Afrikaans kan gevind word in bronne wat wissel van die antieke tyd tot vandag; van bedrywe soos skeepvaart tot sport. Betaalmiddels, oud en nuut, is ‘n ryk bron van idiome. Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom waar uitdrukkings soos “sy sout werd” en “kruis of munt” vandaan kom....more23minPlay
April 09, 2023Taaldinge 9 April 2023‘n Paar weke gelede is daar bestek geneem van die stand van Afrikaans, en die fokus was op die positiewe punte. Daar is egter ook rooi ligte wat flikker waarvan kennis geneem moet word. Prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp bespreek ‘n paar van die gevaarligte vir Afrikaans met Ina Strydom....more25minPlay
April 02, 2023Taaldinge 2 April 2023Wat is die verskil tussen state en deelstate; konsert en concerto; en bakatel en bagatelle? ‘n Nuwe spanlid, dr. Gerda Odendaal, sluit by Alet Cloete van die WAT aan om saam met Ina Strydom luisteraars se navrae oor taalkwessies te beantwoord....more21minPlay
March 26, 2023Taaldinge 26 Maart 2023Dis altyd moeilik om plagiaat te bewys, en kunsmatige intelligensie kan dit selfs moeiliker maak. Maar daar is taalkundige beginsels wat in die proses gebruik kan word om die identiteit van die outeur te bepaal. Taalkundige prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom hoe forensiese linguistiek hiervoor gebruik word. Dit is die vakgebied waar taal gebruik word om regskwessies te help oplos soos plagiaat, laster of naamskending wanneer die outeur anoniem is of ‘n skuilnaam gebruik....more19minPlay
March 19, 2023Taaldinge 19 Maart 2023Om 'n vreemde taal aan te leer maak nie net nuwe wêrelde oop wat betref musiek en letterkunde nie, maar kan ook help om werksgeleenthede en selfs verblyfreg te kry. Prof. Angelique van Niekerk, hoof van die Departement, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom van 'n aanleerderskursus wat mense in staat kan stel om Nederlands genoegsaam onder die knie te kry om in die land te kan woon....more26minPlay
March 12, 2023Taaldinge 12 Maart 2023Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe die oudit gedoen word....more19minPlay
March 05, 2023Taaldinge 5 Maart 2023Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne....more21minPlay
February 26, 2023Taaldinge 26 Februarie 2023Daar is vir die eerste keer 'n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek....more24minPlay
February 19, 2023Taaldinge 19 Februarie 2023Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur? Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus. Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit....more26minPlay
February 12, 2023Taaldinge 12 Februarie 2023As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig. Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan....more21minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.