Mariette gesels met dr. Melodie de Jager oor hou jou sintuie jou sekslewe beïnvloed. Dr. Melodie de Jager is 'n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Rol af vir frases wat jou kan help om jou maat se primêre sintuig vas te stel.
www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; https://mindynamix.com/; www.seniormindmoves.co.za
Gereelde gebruik van die volgende of soortgelyke frases kan 'n
aanduiding wees van jou maat se primêre sintuig:
Ouditief: dis klokhelder, plig roep, jy druk jou so mooi uit, ons is in
harmonie, ek is die ene ore, ek het 'n voëltjie hoor fluit, luister tog
net, ons praat dieselfde taal
Kinesteties: dit gaan teen my grein, ewe koel en kalm, hy bou 'n
lugkasteel, kom met my in aanraking, dit gaan hand aan hand, dinge raak
nou vuurwarm, ek voel jou pyn, deur my vingers geglip
Visueel: ek sien, in 'n oogwink, dit lyk vir my, in die lig van, die
volle prentjie, volgens hierdie uitkyk, in my geestesoog, laat val die
kollig op, onthul, toe word dit duidelik