
Sign up to save your podcasts
Or


In die nuutste opname van 'n doellose gesprek, bespreek JW en Lelanie tantrums, gesegdes en wyshede wat kinders met hulle gedeel het, asook die flubber gediertes in Star Wars. Dit word vinnig deur introspeksie gevolg wanneer JW besef hy was erg arrogant in sy voogklas en Lelanie vir haar voog se skêr moes koes.
In vandag se gesprek, poog JW en Lelanie om agter die kap van die familiebyl te kom. Natuurlik ontspoor die gesprek en JW praat gans te veel oor kletsprogramme.
In 'n klaarblyklike gefokusde poging, bespreek JW en Lelanie Taylor Swift se grensverskuiwende oombliklike album vrystelling - Folklore. Die gesprek ontspoor natuurlik en lei na 'n algemene bespreking oor die psige en atmosfeer in Hollywood, Coldplay se veelsydigheid en 947 se Anele Mdoda.
Van Die Spoor Af is nie 'n podcast nie. Dis die dialoog van 'n nuutgevonde vriendskap tussen ou kennisse. Ons bespreek ons alledaagse doen en late midde die grendelstaat, vertel stories oor ons reise en dink té filosofies oor onbenullighede. Ons lag ook uitbundig elke nou en dan.
From the publisher's feed
Van die Spoor Af is ‘n podcast, ‘n youtube channel en ‘n joernaalprogram met vriendskap, filosofie, vreugde en opregtheid as sentrale temas. JW en Lelanie opper hulle menings oor verskeie…
Van die Spoor Af is die eerste Afrikaanse podcast ter wêreld wat aan die hand van K.I. vervaardig word.

0 Listeners

1 Listeners