Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 719 episodes available.
February 20, 2024Vers en klank 20 Februarie 2024In Antjie Krog se 2006-digbundel, Verweerskrif, is daar ’n gedig genaamd Vier Seisoenale Waarnemings van Tafelberg. Dit vertel hoe Krog dié berg vir ’n jaar lank waargeneem en leer liefkry het. Jana Kruger lees uittreksels uit hierdie gedig voor....more27minPlay
February 13, 2024Vers en klank 13 Februarie 2024Pieter van Zyl lees in die laaste aflewering in ’n reeks programme oor huise, meer gedigte oor die herinneringe wat mense het aan die huise waarin hulle grootgeword het....more16minPlay
February 06, 2024Vers en klank 6 Februarie 2024Pieter van Zyl lees gedigte oor huise, en waarom mense se huise steeds vir hulle die mees gesellige, gemaklike plek op aarde is – selfs al is dinge nie presies soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is ook gedigte oor daardie droomhuis wat elkeen van ons in gedagte het, maar seker nooit sal bewoon nie....more16minPlay
January 30, 2024Vers en klank 30 Januarie 2024Johann Nel lees weer gedigte voor oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels....more19minPlay
January 23, 2024Vers en Klank 23 Januarie 2024Voorleser Johann Nel neem ons op ’n reis terug na die oertyd van die aarde. Jy kan uitsien na gedigte oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels deur, onder andere, Antjie Krog, Cas Vos, Johann Lodewyk Marais en Ina Rousseau....more21minPlay
January 16, 2024Vers en klank 16 Januarie 2024Sophia van Taak gesels met die bekende reisjoernalis en fotograaf, Toast Coetzer, oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het....more27minPlay
January 09, 2024Vers en klank 9 Januarie 2024Ons vier die heerlike somerdae deur na gedigte oor die son te luister. Die voorler is Nicole Holm....more22minPlay
January 02, 2024Vers en klank 2 Januarie 2024Hier vroeg in 2024 luister ons op Vers en Klank na gedigte wat netsowel as nuwejaarsvoornemens of leuses vir die lewe kan dien. Die voorleser is Susanne Beyers....more24minPlay
December 26, 2023Vers en klank 26 Desember 2023Op hierdie heerlike somersdae – en terwyl ons nog vakansie hou en maar mág lui wees – is stoepsit een van die lekkerste dinge om te doen. Skakel gerus in vir Daneel van der Walt se voorlesings oor dié heilsame tydverdryf....more25minPlay
December 25, 2023Vers en klank 25 Desember 2023In hierdie spesiale Kersdag-uitsending van Vers en Klank luister ons na gedigte deur NP van Wyk Louw, Lina Spies, Antjie Krog, Carma Shaw, Fanie Olivier, Uys Krige, Rien Joubert en Ewerwyn Wessels. Die voorlesers is Johann Nel en Nicole Holm....more26minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 719 episodes available.