Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 701 episodes available.
December 03, 2024Vers en klank 3 Desember 2024Cas Vos het vroeër vanjaar weer ’n digbundel die lig laat sien. Dié een se naam is WISSELENDE STEMMINGE. Daarin dig hy, onder meer, oor die toestand van menswees, musikante, ánder digters en die liefde. Johann Nel is die voorleser....more23minPlay
November 26, 2024Vers en klank 26 November 2024Rudolph Willemse, ’n digter van Riebeek-Kasteel, gesels or sy derde bundel, SWARTLAND, wat onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het. Saam met sy vorige twee bundels, KWEEKSKOOL en MIDDELMAN, vorm dit ’n trilogie waarin die digter sy verskillende lewensfases verken....more23minPlay
November 19, 2024Vers en klank 19 November 2024Sophia van Taak gesels met Alwyn Roux, ’n dosent aan UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, oor sy eerste digbundel, WEERSKYN, wat vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het....more21minPlay
November 12, 2024Vers en klank 12 November 2024Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick....more24minPlay
November 05, 2024Vers en klank 5 November 2024Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaankom....more27minPlay
October 29, 2024Vers en klank 29 Oktober 2024Wat maak van ’n gedig ’n ballade? Sophia van Taak verken die ballade as digvorm. Pieter van Zyl is die voorleser, en daar is ’n hele paar lekker, klassieke Afrikaanse gedigte om na uit te sien, soos D.J. Opperman se Ballade van die Grysland en S.J. du Toit se vertaling van Die Elwekoning....more26minPlay
October 22, 2024Vers en klank 22 Oktober 2024Hannah Borthwick lees gedigte voor oor kosmaak, padstalprodukte en ander lekkernye wat jou mond laat water!...more18minPlay
October 15, 2024Vers en klank 15 Oktober 2024Wêreld-kosdag word op 16 Oktober gevier. Wanneer laas was jy honger? Vir die meeste van ons is dit ’n heel onbekende gevoel, iets wat jy dalk nog nooit ervaar het nie, maar meer as 700 miljoen mense het daagliks nie genoeg om te eet nie. Luister na gedigte wat ’n mens ’n slag net jou seëninge laat tel. Die voorleser is Hannah Borthwick....more20minPlay
October 08, 2024Vers en klank 8 Oktober 2024Die boek, Piaf en Brel – Luisterryk!, bevat ’n stuk of vyftig Afrikaanse vertalings, of omdigtings, van die Franse liedere van Edith Piaf en Jacques Brel. Met die herdenking van Brel se dood op die 9 Oktober 1978, luister ons na ’n paar van dié befaamde Belgiese sanger se lirieke, soos voorgelees deur Johann Nel. Jy kan ook uitsien na die musikant Herman van den Berg se vertolkings van ’n paar van Brel se liedjies....more27minPlay
October 01, 2024Vers en klank 1 Oktober 2024Sophia van Taak en De Klerk Oelofse klim in ’n pendeltuig en gaan verken die buitenste ruimte deur die woorde van ons digters. Daar’s gedigte oor sterre, die maan, ruimtesendings, komete en konstellasies. En, natuurlik, ’n groot skoot verwondering oor al die ongelooflike dinge wat ons in die naghemel kan waarneem....more22minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 701 episodes available.