Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.
December 31, 2024Vers en klank 31 Desember 2024Sophia van Taak en Albert Maritz hou ’n lekker partytjie, vol heildronke op die Ou- én die Nuwejaar!...more17minPlay
December 25, 2024Vers en klank 25 Desember 2024Susanne Beyers en Pieter van Zyl lees gedigte voor oor die feesgety. Daar is ook pragtige sang deur die Vox-kamerkoor van Pretoria, onder leiding van Franco Prinsloo....more26minPlay
December 24, 2024Vers en klank 24 Desember 2024Heelwat Afrikaanse digters weet hoe dit voel om oorsee in die vreemde te sit en ‘n bietjie eensaam te wees, en om al die bekende dinge van die huis te mis. Digters soos Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en Sheila Cussons, om ‘n paar te noem. Karli Heine lees hulle gedigte voor oor die lewe in ‘n ander land, en ook hoe verblydend dit is om van tyd tot tyd oor Afrika te kan terugvlieg huis toe....more20minPlay
December 17, 2024Vers en klank 17 Desember 2024Joanie Combrink neem ons op ’n heerlike ontvlugting na ’n hele klomp seevakansiedorpe langs die kus....more21minPlay
December 10, 2024Vers en klank 10 Desember 2024Is dit vir jou ook so vermaaklik om mense te kyk? Om vreemdelinge op straat of in ’n restaurant dop te hou, en dan vir hulle ’n storie uit te dink – ’n lewe, ’n werk, ’n blyplek… Susanne Beyers lees gedigte voor oor sulke karakters wat ons digters se verbeelding aangegryp het....more20minPlay
December 03, 2024Vers en klank 3 Desember 2024Cas Vos het vroeër vanjaar weer ’n digbundel die lig laat sien. Dié een se naam is WISSELENDE STEMMINGE. Daarin dig hy, onder meer, oor die toestand van menswees, musikante, ánder digters en die liefde. Johann Nel is die voorleser....more23minPlay
November 26, 2024Vers en klank 26 November 2024Rudolph Willemse, ’n digter van Riebeek-Kasteel, gesels or sy derde bundel, SWARTLAND, wat onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het. Saam met sy vorige twee bundels, KWEEKSKOOL en MIDDELMAN, vorm dit ’n trilogie waarin die digter sy verskillende lewensfases verken....more23minPlay
November 19, 2024Vers en klank 19 November 2024Sophia van Taak gesels met Alwyn Roux, ’n dosent aan UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, oor sy eerste digbundel, WEERSKYN, wat vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het....more21minPlay
November 12, 2024Vers en klank 12 November 2024Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick....more24minPlay
November 05, 2024Vers en klank 5 November 2024Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaankom....more27minPlay
FAQs about Vers en Klank:How many episodes does Vers en Klank have?The podcast currently has 736 episodes available.