
Sign up to save your podcasts
Or


Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Ek is Jantjie Doring, 'n tjent van die Karoo. Die wereld van die harde droee grond soos my Khoisan voorouers gese het. Dis 'n wereld waarvan 'n digter van die Afrikaners (C. Louis Leipold) so geskryf het:
Hier, wil ek rus op ons vaal Karoo -
Hier, waar die veld 'n leegte is -
Hier, by die slang en die akkedis -
Hier, by die hemel blou daarbo...
Ek is 'n boorling van Tondeldoos en 'n bywoner van Kootjieskolk. Ek ry met my donkie karretjie van plaas tot plaas, ek skeer skape, ek maak draad, en ek maak vriende, sonder om tjenners te maak (of so dink ek), in daardie volgorde van winsgewendheid. My donkie heet Pietertjie. Hy is sewentien jaar oud en het meer opinies as die meeste predikante wat ek al ooit in hierdie area van sendelinge, gesien het. Welkom my vriend by die nuwe reeks "Oom Jan 'Soos-Hy-Le' en die Trein na Kootjieskolk"...jy gaan dit geniet!
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Laaste het die Grahampies nog lekker in die Lounge in Albany Road gesit en gesels. Jy onthou nog? Nou ja, hulle was nie klaar gesels nie. In hierdie tweede gedeelte sit hulle hul gesprek voort met gatgrawery en gatmaakery. En tot hulle surprise was daar toe so wrintiewaar 'n pothole reg voor die Lounge wat nie daar was toe hulle in die Lounge gaan sit het nie. Hulle "no name brand" vroulike "kennis", vir persoonlik rede, sluit toe by hulle aan. En die pothole raaisel continue totdat dit lyk asof mister Big Six 'n ernstige vraag het om te vra....
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Ons begin met 'n splinternuwe reeks. Dankie vir jou ondersteuning deur te luister na stories so ver as moontlik na aan die hart van almal in wie se are daar Khoisan bloed vloei. Afrikaans is 'n lekker taal. As jy hom eers agtergekom het, vertel jy hom sommer net so!
Drie versoekies aan jou my vriend: (1) Gebruik die voice recorder op die Vertel-Dit-Net-So! webtuiste om vir my 'n boodskap te stuur of jou eie storie; (2) Se vir my waar ek beter kan doen of wat vir jou steurend is; (3) Ek weet jy sal my graag wil neem vir 'n ou koffietjie, se maar vir my as jy wil en ek se vir jou hoe. Baie dankie.
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
'n Dorpie met 'n ryk geskiedenis word toe 'n dorpie met 'n ruik geskiedenis. Maar daaroor kan ons weer praat. Die dorp is ryk aan Gonaqua Khoi en iXhosa geskiedenis. Voeg daarby die Britse setlaars en Indiese kerrie en jy het 'n resep van vele. Dis toe die "majority" oorneem dat dinge beginne neuk in Grahamstad. So sit die drie Grahampies, Mister Big Six, Langkop en Tosselman afkoel in die Lounge in Albany Road. Die plek lewe my vriend maar is omring deur die dooies van lank en nou gelede. In Grahamstad word daar stuk gesny, stories vertel en die vraag, "het jy gehoor?" beantwoord....maar my vriend die storie van die potholes moet jy hoor...
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Dit word nou weer die einde van die jaar. Iewers begin iemand te vra gaan ons weer hierdie jaar ons einde van die jaar braai het. So kom die vraag toe ook uit by die baas, Japie Neethling. 'n Baie gawe werkgewer wat werklik omgee vir sy mense. As hy moet hard praat doen hy dit en soms raak sy byvoeglike naamwoorde op en dan skep hy maar sy eie. Vir al die jare het hy elke jaar sy werknemers 'n lekker tyd aan die einde van die jaar gegee. Hope vleis, hope lawaai -watertjies en hope musiek. Lekker! Maar daar was die eenjaar wat dinge by die braai baie skeef geloop het. Laat my toe om op 'n poetiese wyse die storie te vertel!
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Klein Ben oftewel Bennie is oppad in die nare ou nag op die N9 wat lei na George. Sy Mini Minor Morris motortjie loop lekker. Hy voel soos 'n renjaer op die pad, en soos oom Boeta sal se, "skuur hy sy gat!" Dis toe hy by Uniondale kom en verby ry dat hy 'n gedaante van 'n mense sien. Hy trap brieke dat stofwolke om sy motortjie se wiele vorm. En dan... jy sal maar self moet luister wat toe gebeur!
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Uniondale, die mense van Lyonville het ' hartklop van hulle eie. Lewe is rustig so lyk dit maar die lewenslustigheid is altyd daar. In hierdie episode is daar weer 'n toeris wat die dorp ingewals kom en hy wou weet wat hulle bedoel met "ons nie?" Toe is dit 'n hele 'bedoeling' tussen die toeris en antie Sarie. Daarna volg toe 'n 'kat' gesprek wat kwansuis 'n burgemeester is. Toe kom die reen. Oom Boeta sien 'n gat by antie Maria se draai...
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Die dag het aangebreek vir die MR401 of dan die Poort-Pad te open na dit opgegradeer was. Alles en almal was in rep en roer. Die opgewondenheid kon gevoel word. Dit was 'n grootse geleentheid op Unionsdale. Die Burgemeester was laat. Almal het gewag dat hy moet kom...toe kom hy uiteindelik. Hy kon beswaarlik sy toespraak begin toe iemand van agter af skree dat hy 3 ure laat was. Nodeloos om te se dat die koek al halfpad verslind was van al die wag. Toe moet die lint geknip word, maar nou moet jy maar verder luister wat gebeur het.
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Antie Sarie het besluit dis skone nonsense dat mense op Uniondale praat soos hulle wil. Taal moet reg gebruik word. Maar "reg gebruik" is nie wat jy dink nie, dis wat antie Sarie dink wat reg praat is. En om haar "wet" toe te pas is daar ook boetes vir die oortreders. Natuurlik is alles van 'n koekerige aard op Uniondale al is dit ook 'n biskuit. Dis toe 'n toeris in Uniondale aankom dat Antie Sarie se polisie in volle swang kom. Geniet hierdie episode.
Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!
Min mense ken die rol wat ons mense gespeel het in die geskiedenis van ons land. Gewoonlik is dit net die "wit geskiedenis" wat vertel word. Hopedale-Lyon of te wel Uniondale het 'n belangrike rol gespeel in die oorlog. Dit was tyd vir Oom Boeta om vir meneer Abarahams 'n geskiedenisles te gee. Die een ding is waar, op Uniondale spook mense met mekaar, maar dis altyd vir die goeie van almal. In hierdie episode is die gesprek aan die gang oor die rol wat iemand se oupa gespeel het in die oorlog. Selfs neef Danie moes erken dat sy oupa 'n "kolonel in die vleisbedryf" was....