Vertel Dit Net So!

Vertel Dit Net So!

By Fritz FaroFictionComedy Fiction
Download on the App Store

All Vertel Dit Net So! episodes

  • Die Haarlem Probleem

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Die vorige episode het afgesluit met Oom Boeta se hond wat sug. En hy het gesug omdat hy geweet het dis nie lank nie of Oom Boeta gaan neuk met Haarlem. En so by my kool, toe is dit net so. Dit begin met 'n Haarlem toerismebord, en dit loop toe oor in 'n spioenasie sage wat toe ook nie spioenasie is nie. Nou weet jy al teen die tyd dat Uniondale, of is dit "Unie Dale" nie dinge op 'n maklike manier doen nie en tog is niks gekompliseerd nie. Die toerisme neteligheid loop toe uit op 'n komiteevergadering wat eindig in 'n belediging. Maar hoor hier, luister maar self watse gedoente dit was...

    12 min
  • Die Poort-Pad Geskil

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    'n Berig verskyn in die koerant dat die Poort Pad ook bekend as MR401 of die R339, Queenstraat opgegradeer sal word. En dit ontketen 'n hele ketting reaksie. Die Poort Pad is 'n pragtige en skouspelagtige bergpas en van historiese belang. Dit sny deur die Uniondale poort en is 'n belangrike skakel tussen Uniondale op die N9 en Avontuur in die Bo-Langkloof op die R62. Vanaf net 'n "gerug" het dit geli tot 'n vergadering wat ontaard het en ontwikkel het tot 'n Haarlem kwessie, dit was WOES om die minste te se, maar luister self...ek het nie woorde nie!

    16 min
  • Voorskou - Almal Spook Op Uniondale Behalwe Die Spook

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Welkom terug my vriend en vriendin. Baie dankie vir jou gereelde luister na my Podgooi - Vertel Dit Net So - en dis ook wat ek probeer doen. Soos jy alreeds agter gekom het probeer ek kort storie te gee oor dorpe in ons land, en daar is sommer nog baie om te kom. Ek probeer ook die stories te plaas binne die kleurling of bruin gemeenskappe. Ons is 'n gemeenskap wat die kwinkslae het, die byname het en die komiese raak sien en hoor. Hierdie derde reeks het niks met spoke te doen nie, altans so dink ek, jy moet maar self luister.

    Indien jy wil deel neem is jy meer as welkom om die knoppie op die podgooiblad te gebruik om my 'n boodskap te stuur of jy kan my 'n whatsapp stuur om te se waar jy luister (+27 715233660) of 'n epos by [email protected]. Baie dankie en groete.

    3 min
  • Die Verkiesing van Dorpsburgemeester

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Vir 18 jaar het Koekenaap nie 'n burgemeester gehad nie. Die provinsiale kantoor laat weet dat die tyd vir 'n burgemeester aangebreek het. So het die dorp met drie kandidate opgeindig waarvan Kerneels Baster die proponent Evangelis deel is. Almal ontmoet buite die OK vir die uitslag...Maar laat Kerneels self vertel.

    Baie dankie dat u hierdie reeks gevolg ek hoop u sal Koekenaap besoek. Kyk uit vir die voosrskou van my volgende reeks.

    16 min
  • Klasie Kouter se Casino en Geselskapsentrum

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Klasie Kouter het 'n plan, of so het hy gedog. Hy reel toe 'n gemeenskapsvergadering in die kerksaal. Dit was goed beplan en die saal was vol want sien op Koekenaap kom mense graag vergadering toe as daar iets is waaroor hulle kan skinder. Die vergadering het goed verloop en vrae was gevra. Die belangstelling was hoog en almal wou weet wat die geselskapsentrum gaan behels. Maar dan breek die veragdering uit in 'n skree-kompetisie....Kerneels sal die storie beter kan vertel.

    11 min
  • Rugby By Die Sportgronde

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Die wedstryd van die jaar het begin. Proponent Evangelis Kerneels Baster was gevra om skeidsregter te wees omdat hy kwansuis die eerbaarste en eerlikste op Koekenaap en Lutzville is. Maar teen 2 uur is albei spanne in rep en roer. Van hulle is by die drankwinkel waar daar n skynbare "voorbereidingsritueel" aan die gang was. Teen 3 uur toe die fluite blaas hol daar 'n skaap op die veld...Laat Kerneels maar verder vertel!

    13 min
  • Die Dag Toe Die Vulstasie Opdroog

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Die hele Koekenaap staan en wag by die vulstasie soos hulle by die kerk nie sal staan en wag nie. Nee by die kerk kom hulle altyd laat, met die uitsondering van tannie Ous want sy wil niks mis loop nie. Jy weet mos hoekom... Die pompe by die vulstasie was alreeds vyf dage laat. Die karre en bakkies van algaar staan stil want daars g'n brandstof nie. Die petrol joggie het al sy bedankingsbrief geskryf...en broer Jan Dohner is in 'n stille oordenking rustig en kalm want so het hy altyd voorraad van die "verskillende vloeistowwe." Maar nou ja, laat evangelis Kerneels Baster vir jou die storie vertel!

    14 min
  • Die Kerk-Basaar Skandaal

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Dinge gons op Koekenaap. Dis alweer die jaarlikse kerkbasaar en almal as nie alles, is in rep en roer. Dis die versiering van die palmbome en allerhande liggies by die drankwinkel. Vir wat weet ek nie want daars geen liggies by die begrafplaas nie. Praat van diskriminasie? Nietemin toe die basaar begint was dit afdraand al die pad. Maar ek moet nie vir jou van dit vertel nie. Evangelis Kerneels Baster het die voorreg.

    13 min
  • Die Een Arm Rower en Klasie se Skynbare Heengaan

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    Kerneels Baster is die proponent evangelis op die dorp. Hy het sy hande vol met die gebeure onder sy lidmate. Van suster Ous se meeluister en oorpratery tot broer Klasie se amperse heengaan, is daar nout 'n oomblik van stilte in Koekenaap nie, behalwe toe evangelis Kerneels Baster nie weet wat om vir Jan Dohner te se nie. Maar voor ek die aap uit die moulaat, moet jy maar luister. Ons praat weer.

    11 min
  • Die Gerug

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode!

    En so het ons rit na Koekenaap begin. Met aankoms by R363 het ons geweet dat die ou blikbrein vroutjie gaan se, "You have arrived at your destination." Proponent Evangelis Kerneels Baster het gewag vir ons aankoms. Nou ja, soos enige dorp is daar maar eienaardige karakters, so ook hier in Koekenaap. Ek vertrou jou verblyf gaan aangenaam wees. So gaan ons reis deur sewe episodes. Geniet dit!

    12 min