Die ekonomie minuut

Vertroue-indekse wys in verskillende rigtings


Listen Later

Hierdie week se positiewe nuus oor ekonomiese groei het oor die derde kwartaal gegaan, Julie, Augustus en September, maar dit is moeilik om die vertroue-indekse vir die vierde kwartaal te interpreteer. ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se opname onder vervaardigers vind dat sakevertroue onveranderd is. Die indeks staan op 26 punte, onder die langtermyn gemiddeld van 39 punte. Daar teenoor het FNB en die Buro se verbruikersvertroue-indeks verbeter van -25 tot -8 punte. Dit is nog in negatiewe terrein, maar ʼn groot verbetering vanaf die derde kwartaal en soortgelyk aan die vierde kwartaal van verlede jaar. Hoe verstaan ons hierdie?

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Die ekonomie minuutBy Waldo Krugell


More shows like Die ekonomie minuut

View all
BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

16 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners