
Sign up to save your podcasts
Or


Dit is menslik dat ons geloof wipplank ry. Soms voel God ver. Maar ons kan nie op ons emosies staatmaak nie. Ons moet werk maak van die wete dat ons nooit alleen is nie en daarom ons skouers kan terugtrek met selfvertroue.
Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou as sê en hoe Hy na jou kyk. Maak seker jou innerlike dialoog en jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Begin ontdek dat selfvertroue eintlik Godsvertroue is.
Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … Besluit om met integriteit te lewe. Wees eerlik met almal, maar veral met jouself.
Die mens is bedoel om ’n lewe van oorvloed te geniet. Waaraan meet jy hierdie seëninge? Die wêreld beskou welvaart as geld – eiendom en ’n stewige bankbalans. Maar ware geluk kom van binne.
Om ons eie behoeftes en begeertes duidelik te maak, is nie selfsugtig nie! Om jouself eerlik en reguit te laat geld, dui eerder op selfrespek. Én almal weet dan wat vir jou belangrik is.
Om nie grense te hê nie, kan sleg wees vir jou gesondheid, jou sosiale lewe en jou gesin. Moenie toelaat dat jou vrees vir verwerping veroorsaak dat mense jou misbruik nie. Wees ’n Grens-Grieta.
Sonder empatie kan mense nie gesonde verhoudings bou nie. Maar dan moet jy die regte stappe volg om dit effektief in te span.
’n Mens maak onaangename gebeurtenisse bymekaar; dit kleef aan jou psige soos mossels aan ’n skip. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou leed aangedoen het, vryspreek.
Dink aan die aanmaning op sigaretpakkies – "Smoking kills". Skrik dit die rokers af? Nie vir ’n oomblik nie. Navorsing wys dat mense makliker uit opbouende aanmoediging leer as uit negatiewe skrik-op-die-lyf-jaag-pogings. Hoe werk dit?
As jy nie tyd en moeite in menseverhoudings belê nie, kan jy dit dalk op jou oudag berou. Die mense wat jy vandag hiet en gebied, gaan jou nie te hulp snel wanneer jy nie meer dinge self kan doen nie.
From the publisher's feed