
Sign up to save your podcasts
Or


Ons ingesteldheid bepaal ons beperkings. As jy nie veel van die lewe verwag nie, sal jy ook nie veel kry nie. As jy die oggend opstaan en dink dit gaan ’n aaklige dag wees, moet nie verbaas wees as alles heeldag skeefloop nie.
Ons ingesteldheid bepaal ons beperkings. As jy nie veel van die lewe verwag nie, sal jy ook nie veel kry nie. As jy die oggend opstaan en dink dit gaan ’n aaklige dag wees, moet nie verbaas wees as alles heeldag skeefloop nie.
Jou geluk is jóú verantwoordelikheid. As jy dit besef, word jy vry om voluit te kan leef. Om gelukkig te wees is ’n proses, ’n nimmereindigende reis van ’n duisend keuses per dag.
Jy kan heeltemal van my verskil, maar die meerderheid mense sal met my saamstem: Moenie te vinnig met ’n nuwe verhouding begin nie! Gun jouself die genesingspad om die sterker, wyser en wakkerder vrou te word wat weer kan liefkry.
Jou veranderde verhoudingstatus is jou saak, en net joune. Jou lewe, jou keuses, jou verantwoordelikheid. Jy gaan agterkom dat jy, fisies en emosioneel, sterker is as wat jy gedink het. dit verg nogal ’n mate van “reinvention” en ’n redelike kopskuif.
Egskeiding is geweldig traumaties. Jy, én die kinders, móét hulp kry. As jy besluit om te gaan, gaan jy jouself moet “reinvent”. Jy moet uitvind wie jy is en deur die seer werk.
As jy besluit om jou man te verlaat, moet jy maatreëls te tref om jou en jou kinders se fisiese, finansiële en emosionele veiligheid te verseker. Egskeiding is baie stresvol! Maar jy kan dit oorleef met geloofsvertroue en die regte praktiese optrede en professionele bystand.
Kry perspektief om jou situasie realisties te benader. Afhangende van wat die omstandighede is, is dit belangrik dat jy voorsorgmaatreëls tref in geval dinge gebeur wat jou lewe of jou toekoms bedreig. (Hier word verwys na ekstreme omstandighede.)
As jy enigsins hoop het, as jy enigsins glo daar is ’n kans vir oorlewing vir julle, hou aan om te veg. Daar is soveel mense wat om die verkeerde redes hulle huwelik verlaat. Kry die regte ondersteuning en wees voorbereid op ’n krisis. Verken jou grense en beskerm jouself.
Mense verander nie maklik nie, en beslis nie teen hulle wil nie. Aanpassings en verbeterings vind slegs plaas as die een wat moet verander die situasie so insien en instem om iets te doen daaraan om verskuiwings te bring.
From the publisher's feed