
Sign up to save your podcasts
Or


Owerspel word gewoonlik uitgebeeld as die dood van ’n verhouding – die ergste gebeurlikheid, naas die dood van ’n eggenoot. Mense beskou affairs as die hoogste verraad, maar daar is wel paartjies wat van die seer genees en huwelike wat die trauma oorleef.
Jy is dit werd om geliefd te voel in jou slaapkamer. Jy is nie ’n prostituut nie. Jy is baie meer werd! Moenie hierdie rooi lig van die tafel af vee, grappies maak en dit gering ag nie. As daar seksuele afwesigheid en kilheid is, is ’n slaapkamer die koudste plek in die wêreld.
Hoe onderskei ’n mens tussen ’n gesonde verhouding en een waaruit jy jou so gou moontlik moet verwyder? Daar is sekere tekens wat ’n redelike aanduiding van ’n gevaarlike verhouding kan wees – mits jy jou nie blind en doof hou daarvoor nie.
Mishandeling met die vuiste, met woorde of met stilstuipe gebeur gewoonlik nie in die openbaar nie. Dit gebeur agter toe deure. Die hartseer is ook dat die kinders dikwels hier onder deurloop.
#SondagStilword vir Vroue Episode 48
From the publisher's feed