
Sign up to save your podcasts
Or


Dit kan ons almal soms iriteer as mense stories en feite verdraai. Wanneer dit by verhoudings kom, is reg wees egter minder belangrik. Hoe mense voel is al wat tel.
Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons kan dit eers doen wanneer ons medelye met onsself ontwikkel.
Emosies soos haat, woede en jaloesie het letterlik die mag om jou van God weg te dryf. Jy kan vasgeboei word aan bitterheid en dit kan al jou verhoudings verwoes.
Om doelloos te lewe, maak jou ongelukkig. Jy moet jou onderbewussyn oortuig dat jy ernstig is oor jou doelwitte. Anders gaan hy jou net in jou gemaksone probeer hou.
As probleme of uitdagings baie groot is, kan dit jou oorweldig. Dit is dan wanneer jy nie te ver vooruit moet dink nie. Konsentreer vir eers net op die volgende tree wat jy moet neem.
Ons wil graag sin maak van die lewe, maar wanneer storms begin woed, is ons geneig om te gaan stilsit en te wag dat dit oorwaai. Moenie jou lewe op die ys plaas midde-in swaarkry-tye nie.
Onaangename gebeurtenisse ontlok sterk emosionele reaksies en bly langer in jou geheue. Wanneer jy deur ’n uitdagende tyd gaan, is dit belangrik dat jy jou gedagtes deurgaans beskerm.
Die mens is bedraad vir humor. Dis ’n basiese behoefte. Lag is noodsaaklik vir ons fisieke en emosionele gesondheid, ons gemoed en ons oorlewing. Moenie dit afskeep nie!
Meet jy jou eiewaarde aan hoe produktief jy is en het uitputting vir jou ’n statussimbool geword? Deesdae word slaap mos as ’n luukse beskou en dien uitputting as ’n bewys dat ons hard werk.
Vrees loop dieper as bekommernis. Dit is potensieel een van die gevaarlikste emosies. Ons vrees almal iets: armoede, eensaamheid, verwerping, mislukking, siekte of die dood.
From the publisher's feed