Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.... more
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.
August 24, 2022STAP 18 - Beleef die hemel met al jou sintuieNet die engele en almal wat in die hemel is, sien, voel en hoor God elke oomblik. Ons soek na Hom hier op die opgefoeterde aarde. Vind jou eie maniere om te onthou Hy is by jou. Maak gebruik van al jou sintuie en gewone goed wat jy reeds in jou huis of naby jou het – en waarvan jy hou.Luister na die oudio van Hanneke Verhoef, prediker en Carpe Diem Media medewerker....more8minPlay
August 24, 2022STAP 17 - Gebruik musiek en sing vir konneksieSelfs al kan jy nie ’n noot hou nie, kan jy steeds musiek in jou hart maak. Want God hoor wat niemand anders kan nie. Hy luister nie na jou stemgehalte nie. Hy luister na jou siel. En Hy praat met jou deur die musiek van ander mense.Luister na die oudio van Carindè van Schalkwyk, sangeres, liedjieskrywer en motiveringspreker....more5minPlay
August 24, 2022STAP 16 - Bid op ’n nuwe en ongewone manierAs in ons geloof wil groei, is dit belangrik dat ons gereeld eerlike gesprekke met God voer. Leer die kuns van refleksiegebed as een manier om dit te doen. Dit fokus jou gedagtes op selfondersoek, dankbaarheid en bevestig dat God ons versoeke ernstig opneem en gee wat ons vra.Luister na die oudio van Melissa van Biljon, predikant by Mosaïek Gemeente en skrywer....more7minPlay
August 24, 2022STAP 15 - Sien Goddelike liefde in die natuurWat vertel die natuur, die heelal en alles daarin, ons van die Skepper? Kan ons bewyse van God se bestaan vind deur na die wêreld te kyk en Sy skepping te ervaar? Soos jy soek, sal jy Hom heeltyd en altyd in alles vind!Luister na die oudio van Janine van Niekerk, media-evangelis en skrywer....more6minPlay
August 24, 2022STAP 14 - Kies Bybelverse as jou ankers van hoopHet jy ’n spesiale vers vir wanneer jy inspirasie, moed of motivering nodig het? Woorde uit die Bybel soos “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee,” kan jou hoop gee. Verse kom na jou, omdat jy dit al by herhaling gehoor het. Of dalk omdat jy die waarde daarvan beleef het.Luister na die oudio van Rina de Klerk-Weyer, skrywer en terapeut....more6minPlay
August 24, 2022STAP 13 - Hou op praat en begin luisterWanneer laas het jy op God se bors gelê en luister? As jy uitroep, herken Hy jou stem dadelik en wil Hy so graag antwoord. Kan jy dieselfde sê? Doen jy wat nodig is om Sy rus en Sy stilte na te jaag?Luister na die oudio van Leandi Cottle, stigter van Vinkie Ministries en aanbiddingsleier....more6minPlay
August 24, 2022STAP 12 - Onderskei die ware Stem tussen baieDaar is soveel “stemme” in ons lewens waarna ons luister: familie, kollegas, die media, literatuur, musiek en ons eie gedagtes. Jy kan oefen om Jesus se stem te onderskei en jy kan ook by ander mense leer hoe om Hom te herken.Luister na die oudio van Elize-Marie Muller, leraar en skrywer....more7minPlay
August 24, 2022STAP 11 - Identifiseer wat jou keer om Hom te hoorOns lewe in ’n aandagafleibare wêreld. Altyd op ’n drafstap om by te hou. Ons bly te besig. Ander dinge het ons aandag nodig en keer ons om te hoor wat nodig is ... of so dink ons. … Dikwels is dit onsself wat die meeste in ons eie pad staan!Luister na die oudio van Angela Reed, pastoor, motiveringspreker en radio-omroeper....more6minPlay
August 24, 2022STAP 10 - Dink aan God as ’n Persoon naby jouWanneer ons dink aan ’n verhouding met God is dit as iets bonatuurliks. Ons vergeet dat Hy ook ’n persoon is met gevoelens, intensies, emosies, planne, idees en begeertes. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike.Luister na die oudio van Rhona Kieswetter, geestelike leier by Die Bron Gemeente....more6minPlay
August 24, 2022STAP 9 - Gee jou vrese oor sodat jy kan hoorKen jy die lied: “Voel jy soms of die Here te ver is, twyfel jy soms in God se bestaan”? Ontdek hoe om te midde van vrae en onsekerheid tog van Sy hemelse teenwoordigheid bewus te wees. Jy kan met sekerheid weet waar jou hulp vandaan kom.Luister na die oudio van Benice Borman, sangeres en liedjieskrywer....more6minPlay
FAQs about Voelgoed Podsendings:How many episodes does Voelgoed Podsendings have?The podcast currently has 1,551 episodes available.