
Sign up to save your podcasts
Or


Dis een ding om te sê jy is ’n Christen; ’n ander om Goddelike karakter te wys. Die Here wil nie net hê ons moet gered word nie, Hy wil ons gebruik om ander te red met woorde en dade! Dit kan jy doen deur wat jy gehoor het vir ander mense te vertel en te wys.
Luister na die oudio van Danileigh Steyn, aanbiddingsleier, sanger en liedjieskrywer.
Ons skryf gewoonlik dinge neer wat ons moet onthou. Hou dan nou ook rekord van God se beloftes. Maak notas van wat jy Hom vra. En van wat Hy van jóú vra. Lees dit later in jou lewe weer, en kyk hoe jy groei en hoe goed God vir jou is. Wanneer jy wil, kan jy hierdie rekords met jou geliefdes deel as getuienis en as bemoediging vir hulle.
Luister na die oudio van Carmin Olwage, sangeres en entrepreneur.
Net die engele en almal wat in die hemel is, sien, voel en hoor God elke oomblik. Ons soek na Hom hier op die opgefoeterde aarde. Vind jou eie maniere om te onthou Hy is by jou. Maak gebruik van al jou sintuie en gewone goed wat jy reeds in jou huis of naby jou het – en waarvan jy hou.
Luister na die oudio van Hanneke Verhoef, prediker en Carpe Diem Media medewerker.
From the publisher's feed