
Sign up to save your podcasts
Or


Soms fluister die Vader in jou oor en soms praat Hy hard. Dit is nodig om jou eie waarde – maar ook dat jy van Hom afhanklik is – te besef. Word ontvanklik vir boodskappe.
Luister na die oudio van Leandra Foster, sangeres en motiveringspreker.
Rig jou hele wese daarop in om so betekenisvol as moontlik te lewe. Dan kan jy bykans elke oomblik gevul met uitdagings tussen waar jy staan en dit waarvoor jy leef, oorkom. Koester elke oomblik; leef doelgerig en toegewyd.
Luister na die oudio van Alta Strauss, radio-omroeper en motiveringspreker.
Die probleem is nie dat ons baie het om te doen nie, maar dat ons te véél wil doen. Sonde en besig-wees verbreek al ons verbintenisse. Bou hulle weer op deur jou skedule om te bou.
Luister na die oudio van Leandie Lombaard Bräsler, sangeres en Bestuurder: Jeugleierskap, Afriforum.
Die vraag is nie of jy gered is nie, want daardie antwoord is aan die Kruis bevestig. Die vraag is of jy met jou tyd wys dat jy Hom liefhet soos jy moet. Doen die moeite: Op jou reistog saam met Hom is daar altyd iets nuuts wat jy van God gaan leer en ontdek.
Luister na die oudio van Tersia Gouws, skrywer en kommunikasiespesialis.
As ons ons hoop vestig op God se belofte vir beter dinge en Sy liefdevolle versorging, beteken dit nie dat ons nié deur moeilike tye sal gaan nie. Dit beteken wel dat Hy jou hoor roep in jou nood.
Luister na die oudio van Carly van der Vyver, senior pastoor van ACTS 29 The Movement.
Hunker jy daarna om nader aan God te leef en om daagliks Sy teenwoordigheid meer tasbaar te ervaar? Dit is God se grootste begeerte dat ons Hom beter leer ken en nader aan Hom groei.
Luister na die oudio van Liesel Krause-Wiid, predikant, sakevrou en skrywer.
Die hedendaagse leefstyl is nie sonde nie. Maar dit is belangrik om verantwoording te doen: Maak jy werklik tyd vir God? Waaraan dink jy? Waaroor bid en praat jy? Wat doen jy met meeste van jou tyd?
Luister na die oudio van Karien Basson, Redakteur van Vroue wat Glo.
From the publisher's feed