Jesus het vir ons die sleutels gegee en daarom is dit belangrik dat ons weet hoe om dit te gebruik. Ons moet die sleutels neem en beheer neem oor ons eie huis, die gemeente en die dorp. Ons sien 'n getransformeerde dorp vir Jesus, waar ons weer veilig, gelukkig en geseënd kan wees. Hierdie sleutels moet ons gebruik om die deure oop te sluit wat oop moet wees. Ons moet bid, ons moet in gesag staan vir Jesus, ons moet skoon wees en ons verlede aflê en ons moet die deure oopsluit sodat die Gees van God kan beweeg. Prys God se heilige Naam!