Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 595 episodes available.
December 02, 2022Wie is ek? 2 Desember 2022Depressie is die siekte van ons tyd. Ons kyk na die term, swart hond, die tekens van depressie, die behandeling, die wanpersepsies, en hoe dit die indiwidu affekteer....more24minPlay
November 25, 2022Wie is ek? 25 November 2022Ons kyk na die verwoestende effek van swangerskapverlies. Hoe kan mens hierdie ontasbare verlies verwerk, en terselfdertyd die samelewing se oortuigings teenstaan?...more24minPlay
November 18, 2022Wie is ek? 18 November 2022‘n Vraag wat sekerlik deur elke mens op aarde, die een of ander tyd gevra word, is: Wat is die doel van my lewe? Hoe beantwoord mens die vraag eerlik en gepas? Kom vind uit hoe om jou doel in die lewe te identifiseer....more24minPlay
November 11, 2022Wie is ek? 11 November 2022Die jaar staan einde se kant toe, en baie mense begin nou vrae vra oor hulle doelwitte en hulle betekenis in die lewe. Wat as mens vashaak in hierdie negatiewe vrae? Wat as die angs te veel word, want jy het nie antwoorde nie? Ons kyk na eksistensiële angs, en hoe dit amper almal affekteer....more24minPlay
November 04, 2022Wie is ek? 4 November 2022Wanneer moet ouers begin bekommerd raak dat hulle kind se vloermoere te veel raak? Wanneer is dit nie meer gepas vir hulle ouderdomsgroep om aggressief op te tree nie? Wat beteken dit wanneer jou kind geen beheer het oor hulle woede-uitbarstings nie?...more23minPlay
October 28, 2022Wie is ek? 28 Oktober 2022Daar is mense wat ander vir alles blameer, of mense wat hulleself vir alles blameer, en mense wat glad nie die verskil raaksien nie. Voel jy jy is vasgevang in ‘n net van blamering waaruit jy nie kan ontsnap nie? Vind uit hoe om jouself te help, en dalk ander ook....more24minPlay
October 21, 2022Wie is ek? 21 Oktober 2022Het jy ‘n tipe A of ‘n tipe B persoonlikheid? Waarna verwys jy wanneer jy jouself in een van hierdie kategorieë plaas? Is hierdie groepering relevant? Is dit voor- of nadelig vir jou vooruitgaan in die wêreld? Lise Swart vind meer uit oor persoonlikheid- en gedragstipes....more24minPlay
October 14, 2022Wie is ek? 14 Oktober 2022Om trauma te verwerk is kompleks. Deel van die proses is om te verstaan hoekom seker dinge vir ons trauma veroorsaak. Voorligtingsielkundige Luricka Fick vertel hoe ons vorige generasie dalk ‘n groot rol speel in ons huidige trauma, gedrag en gemoed. Hoekom moet ons dit weet? En hoe verwerk mens ‘n vorige generaise se trauma én jou eie?...more24minPlay
October 07, 2022Wie is ek? 7 Oktober 2022‘n Werkverslaafde is nie altyd maklik om raak te sien nie. Ons lewe in ‘n samelewing wat ons forseer om werk ons eerste en selfs ons enigste prioriteit te maak. Waar lê die grense tussen ‘n gesonde en ongesonde verhouding met jou werk? Nes met die meeste prosesverslawings, kan werk jou lewe oorneem, en is goeie vaardighede nodig om nie beheer te verloor nie. Jy moet bepaal wat jou dryf, wat jy dalk moet vermy, en hoekom jy die monster laat wen....more24minPlay
September 30, 2022Wie is ek? 30 September 2022Deur nie jou eie frustrasie te verstaan, of dit nie raak te sien nie, kan dit nie net jou op ‘n fisieke vlak affekteer nie, dit kan jou emosionele welstand geweldig inperk....more24minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 595 episodes available.