Ons kyk na die opsies van by die huis werk, of op kantoor. Daar is nog nie genoeg navorsing om klinklaar te sê of mense verkieslik tuis moet werk nie, en of ‘n kantoor ‘n beter opsie is nie. Al wat wel duidelik is, is dat die pandemie baie vrae by ons gelos het. So hoe moet ons hierdie besluit benader, en vir watter tekens moet ons uitkyk om te sien of ons die regte besluite maak, want beide by die huis werk en kantoorwerk het sy goeie en slegte punte. Wat pas by jou?