Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.
June 04, 2021Wie is ek? 4 Junie 2021Die meeste mense is opsoek na ware geluk. Ons hoor gereeld hoe jy vir jouself lief moet wees en jou foute aanvaar, maar watter rol speel kommunikasie in 'n persoon se geluk? Kan die aanleer van kommunikasievaardighede 'n verskil maak in hoe ons onsself sien, en hoe ander mense ons ervaar?...more25minPlay
May 28, 2021Wie is ek? 28 Mei 2021Manupilasie – wanneer is dit positief (indien moontlik), en wanneer is dit nagtief? Hoe kan jy agterkom jy word gemanupileer, en wat kan jy doen om dit te stop?...more25minPlay
May 21, 2021Wie is ek? 21 Mei 2021Voel jy … bla? Jy voel nie heeltemal depressief nie, maar jy voel nie jouself nie? Die menslike wetenskap verwys daarna as ‘n kwynende gevoel. Hoekom moet ons bewus wees hiervan, en kan mens iets daaraan doen?...more25minPlay
May 14, 2021Wie is ek? 14 Mei 2021Ons kyk na die oplossing wat geliefdes en families in verslawing (hetsy gaming, eetversteurings en middel- of prosesverslawing) kan toepas – taai-liefde (tough love). Daar is baie misverstande oor hierdie konsep....more25minPlay
May 07, 2021Wie is ek? 7 Mei 2021Volgens navorsing is hoogsensitiwiteit nie ‘n persoonlikheidstrek nie, maar ‘n genetiese faktor. Vind meer uit wat ‘n hoogsensitiewe persoon se eienskappe is, of behandeling nodig is, en hoeveel mense hierdie eienskappe toon....more25minPlay
April 30, 2021Wie is ek? 30 April 2021Demensie is die verlies van algemene kognitiewe vermoëns in ‘n voorheen helderdenkende persoon. Alzheimer se siekte is die bekendste vorm van demensie. Vind meer uit van die verskillende vorms van demensie, hoe die diagnose gemaak word, en hoekom die regte diagnose belangrik is vir sowel die individu as die geliefdes....more25minPlay
April 23, 2021Wie is ek? 23 April 2021Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsteurnis (AGHS) is ‘n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel. Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word, of dat oormatige hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op ‘n taak te konsentreer. ‘n Gebrek aan konsentrasie lei daartoe dat die kind nie in staat is om nuwe dinge aan te leer of inligting in te neem nie, en dit vertraag ontwikkeling....more25minPlay
April 16, 2021Wie is ek? 16 April 2021Ons kyk na kompulsiewe opgaarversteurings, wanneer 'n persoon items, klere of selfs diere opgaar, en vreeslik angstig raak om van enige iets ontslae te raak....more25minPlay
April 09, 2021Wie is ek? 9 April 2021As gevolg van artikels wat gereeld op sosiale media verskyn met opskrifte soos, Is my kind ‘n psigopaat? en Maak jy jou as kind ‘n psigopaat groot? het ons besluit om ondersoek in te stel oor hoe maklik of moeilik ouers hulle kinders in psigopate kan verander....more25minPlay
March 26, 2021Wie is ek? 26 Maart 2021As gevolg van stigma word daar meer as gereeld na psigiatriese klinieke verwys as die “malhuis”. Maar wat presies gebeur daar? Wie is die mense wat opgeneem word? Watter waarde voeg dit tot hulle lewe by, en wat kan mense verwag?...more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 647 episodes available.