Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
August 07, 2020Wie is ek? 7 Augustus 2020Isolasie, alleenheid en eensaamheid was al voor Covid-19 'n probleem, veral onder die ouer geslag. Die probleem is nou erger. Hoe kan ons ouer mense bystaan sonder om die reëls van inperking te breek? Wie moet die verantwoordelikheid neem vir hierdie eensaamheid (die individu of hul geliefdes), en hoe kan ons almal werk aan ons kommunikasie om meer uit gesprekke te kry as net die dag se besonderhede?...more25minPlay
July 31, 2020Wie is ek? 31 Julie 2020Ons het almal iets wat ons oor droom, of iets wat ons voel ons móet bereik. Lise Swart kyk na hoe om doelwitte aan te pak, en hoe om jou motivering te vind om die plan deur te voer....more25minPlay
July 24, 2020Wie is ek? 24 Julie 2020Deel van die Suid-Afrikaanse kultuur is dat ons nie altyd seker is wanneer, of hoe, om nee te sê, of selfs ja te sê nie. Hoekom is dit so moeilik? Watter verskil kan die aanleer van hierdie vaardigheid aan jou geluk maak?...more25minPlay
July 17, 2020Wie is ek? 17 Julie 2020Gesinsmoord - Indien 'n persoon nie meer wil lewe nie, hoekom sal hy sy hele gesin se lewe ook neem? Hoor wat die navorsing hieroor sê, hoekom Suid-Afrika se gesinsmoordsyfer so hoog is, en watter tekens daar is....more24minPlay
July 09, 2020Wie is ek? 10 Julie 2020Wat ervaar 'n persoon wat gediagnoseer word met Alzheimer se siekte? Watter rol speel medikasie? Waar kan mens die regte diagnose kry?...more25minPlay
July 03, 2020Wie is ek? 3 Julie 2020Suid-Afrika se winter is in volle swang, en hiermee saam kom 'n toename in selfdood. Kombineer seisoenale depressie met die druk en stres van ons omstandighede, en ons is in die moeilikheid. Vind meer uit oor die tekens waarvan jy bewus moet wees, hoe om vir hulp te vra, en hoekom ondersteuning van kardinale belang is....more24minPlay
June 26, 2020Wie is ek? 26 Junie 2020Daar is verskeie stappe wat gedoen moet word voor verhoudingsmaats die opsie van egskeiding/skeiding moet oorweeg. Lise Swart kyk na hierdie stappe, watter faktore in ag geneem moet word, en onder watter omstandighede egskeiding die enigste opsie is....more25minPlay
June 19, 2020Wie is ek? 19 Junie 2020Outisme: Wat beteken "die spektrum"? Is dit 'n siekte? Wat is die probleemareas vir ouers?...more25minPlay
June 12, 2020Wie is ek? 12 Junie 2020Ons geheue affekteer ons emosies, maar emosies affekteer ook ons geheue. Om beter te onthou, moet jy verstaan hoe jou brein werk, wat jou geheue affekteer en watter oefeninge kan help, want 'n beter geheue kan 'n beter toekoms voorspel....more25minPlay
June 05, 2020Wie is ek? 5 Junie 2020Neem jou vrese oor die toekoms tans jou lewe oor? Is jy meer gespanne as ooit te vore? Ons kyk na realistiese en onrealistiese vrese, hoe om tussen die twee te onderskei, en hoekom dit belangrik is....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.