Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
May 29, 2020Wie is ek? 29 Mei 2020Saam met al die probleme wat gepaard gaan met inperking en 'n onsigbare siekte, het die klaar hoë syfers van huishoudelike geweld toegeneem. Hoekom? Wat sê dit van ons nasie se vaardighede om stres te hanteer? Ons het raad vir slagoffers en hulle geliefdes om effektiewe ondersteuning te bied....more25minPlay
May 22, 2020Wie is ek? 22 Mei 2020Voel jy meer angstig a.g.v. die inperking? Was jy voor inperking in 'n traumatiese situasie, en nou ervaar jy weer dieselfde simptome? Hoor hoe om jou stres en traumatiese stres van mekaarte onderskei, en hoe om dit self reg te kry om traumatiese stres te voorkom....more25minPlay
May 15, 2020Wie is ek? 15 Mei 2020Die term gaslighting kom uit 'n film waar 'n vrou tot die afgronde gedryf is deur haar man wat haar emosioneel manipuleer. A.g.v. die film het dit 'n erkende term geword vir 'n sekere vorm van manuipulasie. Is iemand besig om jou so te manipuleer dat jy nie meer in jouself glo nie?...more25minPlay
May 08, 2020Wie is ek? 8 Mei 2020Wat is jou frustrasie-toleransie? Voel jy jou manier om 'n moeilike situasie te hanteer, is aanvaarbaar? Ons help jou verstaan hoe die aanleer van 'n hoër frustrasie-toleransie 'n groot verskil kan maak in hoe jy die wêreld ervaar en verwerk....more24minPlay
May 01, 2020Wie is ek? 1 Mei 2020Hoor hoe jy as indiwidu jou geliefdes, vriende en jouself kan help om jou emosies beter te bestuur, deur aan te leer om aktief te luister. Deur hierdie vaardigheid aan te leer, kan jy 'n verskil aan ander mense se geestesgesondheid maak – wat selfs 'n verskil aan die ekonomie kan maak....more25minPlay
April 24, 2020Wie is ek? 24 April 2020Hoekom is dit belangrik in vandag se onseker tye om meer in die oomblik te leef. Hoe kan hierdie vaardigheid jou help om stres te verminder, konsentrasie te verbeter en om 'n beter lewenskwaliteit te hê?...more25minPlay
April 17, 2020Wie is ek? 17 April 2020Lise Swart en twee ervare sielkundiges beantwoord verskeie vrae van luisteraars. Wie weet, miskien bied een van die antwoorde 'n oplossing vir jou probleem tydens inperking....more25minPlay
April 03, 2020Wie is ek? 3 April 2020Die eerste week van inperking is verby. Wat ervaar mense? Is jy die enigste een wat sukkel om so alleen te wees? Luister na raad oor hoe om te verstaan wat jy ervaar, en om deur die volgende twee weke te kom....more25minPlay
March 27, 2020Wie is ek? 27 Maart 2020As gevolg van die internet is dit baie makliker vir pedofiele om met kinders kontak te maak. Hoe kan ouers hulle kinders bemagtig om vir hulp te vra, of om self die kontak te stop? Lise Swart help ouers met hierdie dilemma help, en verduidelik hoe jou eie internetgedrag jou kind kan beskerm....more25minPlay
March 20, 2020Wie is ek? 20 Maart 2020Voel jy die wêreld is teen jou, of dat jou vriende en kollegas by die werk besig is met 'n komplot teen jou? Is jy dalk in 'n verhouding met iemand wat niemand vertrou nie, nie eens vir jou nie? Vind meer uit oor vervolgingswaan (paranoia), om die tekens te herken, en om te verstaan hoekom professionele hulp so spoedig moontlik gekry moet word....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.