Tenminste 8 ure van jou dag word spandeer by die werk. Dit is hoe jy 'n inkomste verdien, eet, lewe. Dit is tog voor die hand liggend dat indien jy nie gelukkig is by die werk nie, baie van die ander areas in jou lewe ook geaffekteer kan word. Maar hoe kan jy seker wees dit is jou beroepskeuse, en nie die omstandighede waarin jy werk, wat jou ongelukkig maak nie?