Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.... more
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.
September 09, 20169 SepHoe ondersteun 'n mens iemand wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het? Hoe kyk 'n mens mooi na jouself ná die afsterwe van 'n geliefde? Wat is die gevaartekens vir jouself, of iemand naby aan jou, wanneer dit gaan oor verlies en die rouproses?...more25minPlay
September 02, 20162 SepLouis & Lise bespreek twee luisteraarsbriewe oor twee verskillende, dog algemene, ervarings binne liefdesverhoudings. Hulle kyk na hoe vroue meer geneig is om liefde te wys in 'n verhouding as mans, en na wat gebeur wanneer jy iemand anders ontmoet wat jou laat twyfel oor jou huidige verhouding....more25minPlay
August 26, 201626 AugWat is die verskil tussen 'n vrees en 'n fobie? Louis en Lise kyk na die verskill, hoe dit lewenskwaliteit raak, en dit reg te stel....more25minPlay
August 19, 201619 AugLouis en Lise bespreek 'n brief van 'n pa wat bekommerd is sy vrou sal hulle kind verwerp as gevolg van haar seksuele orientasie. Hierdie is 'n probleem waarmee duisende ouers gekonfronteer word....more25minPlay
August 12, 201612 AugCarpe Diem! Gryp die dag aan! Wat beteken dit? Beteken dit jy moet begin berg klim, of staptoere aanpak, of 'n motorfiets koop? Hoe pas 'n mens hierdie stelling in jou eie lewe toe?...more25minPlay
August 05, 20165 AugKan 'n situasie so traumaties wees vir 'n slagoffer dat hulle alle geheue daarvan blok? Kan daardie blokkasie sommer net na 18 jaar in 'n persoon se drome weer uitkom? Louis en Lise kyk na die gevolge van seksuele molestering....more25minPlay
July 29, 201629 JulSal jy jouself as geestesgesond klassifiseer? Indien jou antwoord ja is, hoe seker is jy van jou saak? Wat beteken dit om gesond te wees, en nie geestesongesond nie? Louis en Lise gesels oor wat geestesgesondheid vir jou en die mense om jou beteken....more25minPlay
July 22, 201622 JulIndien jy diagnoseerbaar is met 'n sielkundige toestand, maar jy ignoreer die tekens, kan al jou moeite met jou fisieke gesondheid heel moontlik nie genoeg wees nie. Louis en Lise kyk na die tekens waarna jy moet oplet om op 'n sielkundige en emosionele vlak net so gesond te bly soos op 'n fisieke vlak, want niemand kan meer die feit ignoreer dat die twee hand aan hand stap nie....more25minPlay
July 15, 201615 JulVermoed jy dat jou geliefde dalk 'n dobbelverslaafde is? Het jy hulle al hieroor gekonfronteer, maar dit voel asof jy hulle nie kan vertrou nie? Wat staan jou te doen wanneer jy jou lewe met 'n dobbelverslaafde deel?...more25minPlay
July 08, 20168 JulLouise en Lise gesels oor Spanner Coetzee (die fiktiewe karakter wat deur die luisteraars van Tjailatyd geskep is) se dobbelverslawing. Hulle vertel hoe om die tekens van hierdie verslawing raak te sien, en hoekom ons nie daarvan hou wanneer ons helde voete van klei het nie....more25minPlay
FAQs about Wie is ek?:How many episodes does Wie is ek? have?The podcast currently has 616 episodes available.