Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep
    In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus
    In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S
    In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo
    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X.

    Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n spesiale padveilligheidskurrikulum, genaamd DriveSMART, te ontwikkel. Daar is ʼn verduideliking van nuwe-energie-voertuie en hulle gesels oor die BMW F 900 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500
    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is ’n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy ’n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor ‘These Sweet Times’ vir ysterperd-herhinneringe. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele: Drie Kia’s onder die loep
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, ’n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met get\Worth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in Tech) en ook met Arnold Oliver van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors). Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel
    Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n tegniese wenk en hulle gesels oor die ’Suzuki Rider Safety’-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend Away'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International Riding Apparel) wat wêreldwyd naam maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners