Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep
    In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is ’n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie’-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster
    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op ’n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry met BMW M760e
    Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk
    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross
    Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • 'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren
    Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux
    In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels MG en Dakar
    Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep
    In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners