Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    24 min
  • Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee gesels - ’n inspekteur van get\Worth in die Tuinroete. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    28 min
  • Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50
    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel ’n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak ’n draai in ’n kollega se motorhuis, om te sien watter nuwe ysterperde daar pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of ’n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die lekkerste motorsportgeleenthede nie! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf
    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan
    Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos ’n ‘pro’ met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen ’n uitlaatsisteem-passer en ’n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor ’n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke
    Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: ’n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport!

    Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai.

    Daar is raad van get\Worth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op ’n Kove-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest
    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. get\Worth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners