Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van... more
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 340 episodes available.
April 25, 2024Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestelHierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford Ranger ‘Ultimate’-bakkie word bekendgestel. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
April 18, 2024Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
April 11, 2024Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekendFord het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
April 04, 2024Wiele2Wiele ry met mu-XHierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
April 02, 2024Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
March 21, 2024Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-RocHierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig te hou op hul veldmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
March 14, 2024Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en FronxHierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
March 08, 2024Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaensIn hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
February 29, 2024Wiele2Wiele ry met GWM se TankHierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel al die jongste motorfietsnuus terwyl hy ook waardevolle raad gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
February 22, 2024Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeksHierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het nie. Hulle spandeer ook tyd met die Ford Puma, gee raad oor verkoelingstelsels en sien uit na die 2024 MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 340 episodes available.