Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van... more
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 405 episodes available.
August 14, 2025Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S. Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses en hulle deel al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
August 07, 2025Wiele2Wiele ry met Ranger XLTHierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV’s on Display’-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom get\Worth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed van Amerikaanse uitvoerbelasting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
July 31, 2025Wiele2Wiele ry Polo R-lineHierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei’ en kreatief raak met ’n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie get\Worth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
July 24, 2025Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSIIn hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - ’n ware juweel van ’n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy ’n motor aankoop, ’n tegniese wenk oor motordiefstal en Honda-nostalgie vir 2Wiele-liefhebbers. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
July 17, 2025Wiele2Wiele ry Suzuki DzireHierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull MotoGP Rookies Cup deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
July 10, 2025Wiele2Wiele ry vuurwarm AudiHierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Audi se vuurwarm SQ7 V8-sportnuts. Carl leer dans met ’n Nissan 350Z en hulle speel bietjie met ’n Suzuki Swift. Daar is ook raad oor wanneer jy ’n motor aanlyn koop en Martin Camp deel sy Dakar-planne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
July 04, 2025Wiele2Wiele ry met opgekikkerde Kia SorentoHierdie week vir Wiele2Wiele ry ons met die nuwe opgekikkerde Kia Sorento sewesitplek-sportnuts en bring tyd met die Audi Q3 35 TDI deur. Ons gee raad oor slaggate vir wanneer jy jou droom tweedehandsevoertuig koop en AJ Venter vertel jou alles van sy deelname aan 2025 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
June 26, 2025Wiele2Wiele ry P300-bakkieHierdie week beleef Wiele2Wiele hoe die Ford Wildlife Foundation ’n verskil maak deur die Cape Leopard Trust en hulle spandeer tyd met die GWM P300-bakkie. Daar is ’n tegniese wenk oor wat gebeur wanneer jy daardie Eco-, Comfort- en Sport-knoppies druk, asook die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more26minPlay
June 23, 2025Wiele2Wiele ry nuwe Cross en DusterHierdie week vir Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die opgegradeerde Toyota Corolla Cross en Renault se splinternuwe Duster. Hulle gesels oor die ‘black-box’ in jou motor wat geheime verklap en kuier saam met Ernest Page van Tracktion Driving Experiences oor hulle ‘Track Experience’-renbaanopsie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more25minPlay
June 12, 2025Wiele2Wiele: Drie nuwe hibriede motors onder die loepIn hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor drie nuwe hibriede voertuie – die Hyundai Santa Fe, die Jaecoo J7 SHS en die Omoda C9 PHEV. Dit is dan ook heeltyd-speeltyd en sywaarts saam met Tracktion Driving Experiences! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media...more27minPlay
FAQs about Wiele2Wiele:How many episodes does Wiele2Wiele have?The podcast currently has 405 episodes available.