Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele maak kennis met Lepas L4
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is. Hulle vertel jou dan meer oor die toetsdae van die 2026 Motor van die Jaar-kompetisie wat reeds aan die gang is. Vir 2Wiele gesels hulle oor die MotoGP-voorval wat almal aan die gons het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele: Ford Ranger Platinum, GWM Tank 300D onder loep
    Hierdie week vir Wiele2Wiele vat die manne die ateljee oor en gesels oor die Ford Ranger Platinum, die GWM Tank 300D en die Tata Harrier. Daar is finansiële raad, ’n bietjie motorfiets-nostalgie en ook terugvoer oor die eerste MotorGP-ren vir die jaar. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Suzuki Grand Vitara
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van die Suzuki Grand Vitara en vat jou saam vir die rit. Dan skuif hulle aan vir ’n insiggewende gesprek met Boddy Ramagwede van die AA oor sy #SaferCarsForAfrica-veldog. Daarna gesels hulle met Arnold Olivier van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors) oor hoe sake in die motorfietsbedryf staan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV
    Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Tata Tiago
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie
    Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en spekuleer oor wat 2026 vir MotoGP en WorldSBK kan inhou. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55
    Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende.
    Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen.
    Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar
    Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners