Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele ry Kia Carens
    Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof, spoed en avontuur van die GR Stella 1000-marathon-veldtydren, waar Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika se Guy Botterill en sy nuwe navigator, Henry Köhne, koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie
    Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas L4 en die Jaecoo J7. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep
    Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep
    Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook tydens hul avontuur.

    Intussen toets Clinton die nuwe Atto 2 DM-i by die BYD-bekendstelling, hulle deel waarna om op te let wanneer jy ’n tweedehandse motorfiets koop én gesels oor MotoGP se groot 850cc-skuif. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT
    Hierdie week vir Wiele2Wiele het hulle twee baie spesiale padtoetse: die Land Rover Defender Octa met sy 4,4 liter-biturbo V8 en dan die Ford Mustang GT.

    Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die maksimumsnelheid van ’n binnebrandenjin. Hulle is ook breëbors trots op ons Suid-Afrikaner, Steven Odendaal, wat saam met sy BMW Motorrad World Endurance-span, die 8 Hours of Spa Motos-motorfiets uithouwedren gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR
    Toyota het sy sesde-generasie RAV4 bekend gestel – ’n pragtige sportnutsvoertuig met gevorderde tegnologie wat wys hoe ver die model ontwikkel het sedert die eerste RAV4 in 1994 bekendgestel is. iCAUR het ook sy unieke en eiesoortige V23- en 03T-modelle bekendgestel.

    Vir die tegniese wenk van die week word daar oor enjinkapasiteit en silinders gesels, en dan gee hulle vir jou ‘n opsomming van die 2026 Isle of Man-renne en alles wat daar gebeur het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners
    Hierdie week vir Wiele2Wiele word die splinternuwe Land Cruiser FJ bekendgestel en die 2026 SA Motor van die Jaar-wenners word aangekondig.

    Vir die tegniese wenk van die week word daar oor herroepings gesels en hulle sit die kollig op ons Suid-Afrikaanse motorfietsjaers wat oorsee deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW
    Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: Volvo se elektriese ES90-sedan, Mitsubishi se Destinator-sportnuts en Volkswagen se GTI-luikrug. Vir die tegniese wenk gee hulle raad oor wat jy moet doen wanneer jy deur water moet ry en die manne redeneer oor die onlangse MotoGP-ren met hewige ongelukke. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners