Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie baie uiteenlopende padtoetse — die Chery Tiggo 4 Cross LiT, die Changan Hunter REEV K50 en die GWM Ora 5 HEV. Die span deel hul eerlike indrukke van dié drie nuwe Chinese spelers en kyk wat die voertuie in ’n al hoe meer mededingende mark bied.
Vir die tegniese wenk van die week, gee hulle praktiese wenke oor hoe om jou voertuig langer te laat hou — want ’n bietjie voorkomende instandhouding kan jou later baie geld spaar. En dan is dit tyd vir Motorsport! Hulle neem jou saam na die Algoa Nasionale Tydren, waar Mark Jones en sy navigator Kes Naidoo, die Toyota GR Yaris tot sy uiterse beproef. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media