Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele: Kia se Carens bekendgestel
    Hierdie week vir Wiele2Wiele - die eerste Toyota Matsuri-fees is by die Kyalami-renbaan gehou, waar gaste nie net meer oor Toyota en sy ryke geskiedenis kon leer nie, maar ook self agter die stuur van Toyota se opwindendste nuwe modelle kon inklim.
    Kia het ook sy nuwe Carens bekendgestel. Dit was onlangs die Swartland-tydren in die Wes-Kaap en ons gesels met Mark Jones van The Citizen in sy Toyota GR Yaris oor hierdie grondtydren wat ’n ware vuurdoop was op los oppervlaktes. Vir 2Wiele gesels ons met Brian Cheyne oor ons Suid-Afrikaner AJ Venter wat volgende week gaan deelneem aan die Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    28 min
  • Wiele2Wiele vat langpad met Merc se Vito Tourer
    Hierdie week vir Wiele2Wiele vertel hulle jou van Ford se Ranger wat opgeknap is met ’n nuwe 2,3 liter EcoBoost-enjin. Die Kritzingers vat dan die langpad Gqeberha toe met ’n agtsitplek Mercedes-Benz Vito Tourer-bussie, waar hulle 18-jarige seun, Zian Kritzinger, aan die Ironman South Afrika driekamp-kompetisie deelgeneem en dit suksesvol voltooi het.

    Hulle gesels ook met Jonathan Mogotsi, fabrieksrenjaer vir Volkswagen Suid-Afrika, wat hierdie komende naweek gaan deelneem aan die 24hNurburgring-uithouwedren. Die manne in die ateljee raak dan nostalgies oor motorfiets-intrumentpanele. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se betrokkenheid by hierdie ikoniese ren. Daar is ook twee padtoetse - hulle vat jou op ’n toetsrit met die Citroën Basalt en dan die Mazda CX-5. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ervaar MG3 en MG ZX Pro
    Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die MG3 en MG ZX Pro, en besin oor wat hierdie historiese handelsmerk anders maak. Hulle gaan maak ook ’n draai by ’n glansgeleentheid en hoor meer oor Jetour se T-reeks wat nou ook met inprop-hibriede tegnologie beskikbaar is. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die moets en moenies van ’n outomatiese ratkas en kyk ook na Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaers wat uitstekend presteer in Amerika. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry Tiggo 9 Super Hybrid, Audi A5 en VW Tiguan
    Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Chery se Tiggo 9 Super Hybrid, Audi se A5 en Volkswagen se Tiguan. Vir die tegniese wenk beantwoord hulle vrae oor vibrasies en dan kyk hulle na Kove se nuwe 800X Rally- en 800X Pro-motorfiets. Daar word ook gespekuleer oor wat by die MotoGP aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies
    Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Tydrenkampioenskap, en hulle gesels met Mark Jones van The Citizen in sy Toyota Gazoo Racing SA GR Yaris. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry Alfa se Junior Veloce
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: die Renault Duster 1.3T 4x2, die Volvo XC60 T8 PHEV en die elektriese Alfa Romeo Junior Veloce. Hulle gee brandstofbesparingswenke en daar is ’n meningspeiling vir 2Wiele waar hulle jou terugvoer soek. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe Golf GTI
    Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe ikoon - Volkswagen se Golf GTI. Renault stel ook sy nuwe Kiger Turbo bekend. Hulle gesels met die 17-jarige Vatiswa Mokhonoana, wat aan Toyota Gazoo Racing SA se GR86-beker deelneem en gaan maak ’n draai by ’n baie interessante Nuts and Bolts-tydren. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min
  • Wiele2Wiele ry nuwe Volvo ES90
    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se resultate by die Daytona 200-motorfietsren in die VSA. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    27 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners