Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER:How many episodes does 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER have?The podcast currently has 654 episodes available.
January 26, 2026Die fisiese nalantenskap van traumaPastoor Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation het Saterdag Ontbyt besoek en gepraat oor die fisiese nalantenskap van 'n traumatiese gebeurtenis wat nooit volledig verwerk word nie en jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone veroorsaak....more24minPlay
January 23, 2026Kom skenk bloedOns saai Saterdag 30 Januarie regstreeks uit vanaf die SANBS se bloedinsamelingsveldtog. Palesa Mazibuko gesels met Sonop Ontbyt....more11minPlay
January 22, 2026Verander hierdie een ding gou en verminder jou angsVoel jy angstig of gestres? Jess Burgess, 'n neuro-linguistiese programmeerder (NLP), deel 'n kort oefening wat dadelik 'n postiewe impak op jou gemoed sal maak....more10minPlay
January 21, 2026Sew & Knit vir ChildlineChildline Mpumalanga benodig sagte troos speelgoed vir die kinders wie hulle bystaan. Hulle nooi naaldwerkers om bydraes te maak. Benita Nel vertel hoe die kompetisie werk....more8minPlay
January 21, 2026Ereveldwagters hou gholfdagDie Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor hul werk. Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827....more14minPlay
January 19, 2026Sonja Stadler gasspreker by SACBWDie positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die SACBW se eerste netwerksessie vir 2026. Sy gesels met ons oor hoe om veerkragtigheid te kweek....more14minPlay
January 19, 2026Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geldSANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is. Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer as tydens die vloede van 2000, sê Rey Thakhuli van die wildtuin....more7minPlay
January 16, 2026Mbombela reënvalMbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers....more9minPlay
January 15, 2026Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot NoordeDie Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park nie. Rey Thakhuli is die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking vir die Krugerwildtuin....more5minPlay
January 15, 2026Nuwe rekord vir goudprysGoud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning....more7minPlay
FAQs about 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER:How many episodes does 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER have?The podcast currently has 654 episodes available.