AfriPod

AfriPod

By AfriForum MediaNewsNews Commentary
Download on the App Store

AfriPod episodes

  • Episode 18: Geldwassery, terrorisme en die Butterfly

    AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis ’n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat presies dié saak behels.

    Aanbieder: Andrea van Wyk

    Vervaardiger: Chanté Kelder

    7 min
  • Episode 17: AfriForum Teater - Die nuwe tuiste vir die Afrikaanse kunste

    Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap. 

    Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté Kelder in die AfriPod-ateljee om te gesels oor hierdie opwindende nuwe projek.


    11 min
  • Episode 16: Vuurwapenamnestie - Wat jy moet weet.

    Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.


    21 min
  • Episode 14: Waterdienste en hofoorwinnings

    Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou.


    AfriForum het ’n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg (Polokwane) dringend genader het om die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit te dwing om water volhoubaar aan Naboomspruit (Mookgophong).

    10 min
  • Episode 13: Tinteltong Toekennings 2021

    Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie.

    Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas word.

    Sanderien van der Walt gesels met Chanté Kelder oor die uitdagings wat oorkom moes word en ook wie die wenners van vanjaar se Tinteltong Toekennings is.

    9 min
  • Episode 12: Beveilig ’n Plaas-veldtog

    Dit is in die belang van elke boer om ’n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van ’n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig ’n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.

    13 min
  • Episode 11: AfriForum stel jongste plaasmoordverslag bekend

    Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea Muller van die AfriForum Navorsingsinstituut gesels in die ateljee meer oor dié verslag.

    8 min

About AfriPod

From the publisher's feed

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na…