AfriPod

AfriPod

By AfriForum MediaNewsNews Commentary
Download on the App Store

AfriPod episodes

  • NUUSKOMMENTAAR: Graaff-Reinet of Sobukwe? Naamsverandering laat die tonge klap

    Wat is in ’n pleknaam? Dit hang af wie jy vra. Vir party is ’n pleknaam ook die geskiedenis van die betrokke plek. Dit is die mense wat was, is en nog gaan wees – hoe mooi of lelik dit ook al dalk mag wees. Vir ander is dit sinoniem met onderdrukking en uitsluiting. Hoe dit ook al sy, ’n pleknaam kan nie net lukraak verander word omdat party mense daardeur geaffronteer voel nie.

    4 min
  • Onderwysekspo: Oplossings en geleenthede vir skole

    AfriForum bied op 25 Julie ’n onderwysekspo by die AfriForum Teater aan. Dit is 'n gratis geleentheid waartydens AfriForum ook twee gidse gaan bekendstel wat unieke oplossings bied vir die unieke uitdagings wat skole in die gesig staar.

    Chanté Kelder het met Alana Bailey, Marnus Kamfer en Jacques Broodryk hieroor gesels.

    Aanbieder: Chanté Kelder

    Vervaardiger: Chanté Kelder

    16 min
  • Hoe nou met raskwotas vir water?

    Die Departement van Water en Sanitasie

    het onlangs hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die
    Staatskoerant gepubliseer. Hierdie hersiene konsepregulasies vereis dat
    aansoeke om sekere watergebruike te lisensieer, voortaan slegs deur die
    Departement van Water en Sanitasie oorweeg sal word, mits die ondernemings wat
    daarvoor aansoek doen, vasgestelde raskwotas nakom. Ischke van Eeden het met Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, oor hierdie konsepregulasies gesels.


    Aanbieder: Ischke van Eeden

    Vervaardiger: Chanté Kelder

    17 min
  • Skoleplasings 2024 - Registreer so vroeg as moontlik

    Die aanlyn skoleregistrasieproses om gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar te registreer, open op 15 Junie. Aansoeke sluit op 14 Julie in die skoolvakansie. Daarom word ouers aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen en om ook gesertifiseerde afskrifte van die nodige dokumentasie by skool in te dien. Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, en Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum, gesels in hierdie AfriPod-episode oor die registrasieproses. Besoek gerus www.skole.co.za vir wenke oor die registrasieproses of stuur ’n e-pos na [email protected] indien enige probleme ondervind word.


    Aanbieder: Carina Bester

    Vervaardiger: Chanté Kelder

    17 min
  • Die Val - 'n Kortfilm met 'n kragtige boodskap

    Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk.

    Die Val, ’n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is gratis op AfriForumTV beskikbaar.

    Zel-Marí Gelderblom het met Leandie Bräsler gesels oor die storie agter die film en die belangrikheid van 'n film soos hierdie in die tyd waarin ons leef. 

    Aanbieder: Zel-Marí Gelderblom

    Vervaardiger: Chanté Kelder

    12 min
  • ARGIEF: Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self

    *Hierdie episode het op 27 November 2020 verskyn

    Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika.

    Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners.

    Dit bied ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar.

    Koop hier: Ons sal self

    25 min

About AfriPod

From the publisher's feed

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na…