Die Departement van Water en Sanitasie
het onlangs hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die
Staatskoerant gepubliseer. Hierdie hersiene konsepregulasies vereis dat
aansoeke om sekere watergebruike te lisensieer, voortaan slegs deur die
Departement van Water en Sanitasie oorweeg sal word, mits die ondernemings wat
daarvoor aansoek doen, vasgestelde raskwotas nakom. Ischke van Eeden het met Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, oor hierdie konsepregulasies gesels.
Aanbieder: Ischke van Eeden
Vervaardiger: Chanté Kelder