Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na ... more
FAQs about AfriPod:How many episodes does AfriPod have?The podcast currently has 60 episodes available.
March 14, 2025Só gaan die NGV jou raakSedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing ’n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak....more20minPlay
March 06, 2025AfriForum vra minister om in belang van kultuurgemeenskappe op te treeAfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en ’n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin ’n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, vertel in hierdie episode meer hieroor....more26minPlay
January 31, 2025Onteieningswet: Wat jy moet weetDaar is nog baie onduidelikheid rakende die nuweOnteieningswet. Rindt Pretorius, regs- en risikobeampte by AfriForum, verduidelikin hierdie episode van AfriPod hoe dié wetgewing Jan Alleman kan raak....more11minPlay
December 10, 2024AfriForumTVDie Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis om in te teken!...more11minPlay
December 06, 2024AfriForum se Vakansiegids propvol veiligheidswenkeAfriForum het ’n vakansiegids aanlyn beskikbaar gemaak met veiligheidswenke vir die vakansietyd. In hierdie episode van AfriPod gesels Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, oor die inhoud van die gids en werp diekollig op ’n paar eenvoudige wenke om veiligheid by die huis of op die paaie te verskerp. Laai die gids hier af....more32minPlay
November 20, 2024Vuurwapens uit boedels: Dís hoe dit werkVuurwapens wat in ’n boedel agtergelaat word kan maklik in ’n tameletjie ontaard as die regte prosedure nie gevolg word nie. Daar was selfs onlangs gevalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens vuurwapens summier gaan afneem het. Daar is egter stappe wat gedoen kan word om persone te beskerm wat vuurwapens erf of in besit is daarvan ná iemand afgesterf het. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder byAfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod wat gedoen kan word om binne die raamwerk van die wet bly. ...more22minPlay
October 30, 2024Die Bela-wet, moedertaalonderrig en 2024 se grootste optogDie Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette oftewel die Bela-wet hou ’n groot bedreiging in vir moedertaalonderrig en skole se taal- en toelatingsvereistes. Die Solidariteit Beweging hou op 5 November ’n vreedsame protesoptog oor dié wet om die organisasie en duisende ander mense se teenkanting te wys. Carina Bester gesels met Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, oor hierdie wet, waarom moedertaalonderrig belangrik is en oor diegrootste protesoptog van die jaar. ...more15minPlay
October 17, 2024Platsak tot stinkrykSluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkrykop ’n opwindende reis deur Suid-Afrika! Sy ontdek die land se buitengewone toeriste-ervarings, van die goedkoopste na die mees luukse. Ervaar alles, van bekostigbare treinritte en unieke klein verblyfplekke, tot die luukse Rovos Rail en die weelderige verblyf by Sun City. Kom saam op hierdie onvergeetlike avontuur en ontdek Suid-Afrika op sy beste – van platsak tot stinkryk! Dié reeks kan vanaf 17 Oktober op AfriForumTV gekyk word....more12minPlay
April 04, 2024NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewingIn aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord....more7minPlay
March 28, 2024NUUSKOMMENTAAR: ANC, EFF, MK: Is ’n ‘oordeelsdag-koalisie’ op hande?Die vraag ontstaan nou hoe ver die land segrootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel ’nsogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma seuMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA ’n koalisie met die ANCaanknoop om die voorgenoemde koalisie te verhoed?...more4minPlay
FAQs about AfriPod:How many episodes does AfriPod have?The podcast currently has 60 episodes available.