
Sign up to save your podcasts
Or


’n Vriendskap van 160 jaar tussen Afrikaners en die Seleka Barolong van Thaba Nchu is onlangs gevier. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, gesels in hierdie episode van AfriPod oor dié besonderse verhouding tussen hierdie twee kultuurgemeenskappe.
Die aansoek om ’n vuurwapenlisensie kan ’n gekompliseerder proses word as ’n mens nie weet waarom te begin nie. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe die aansoekproses werk en gee wenke oor wat ’n mens tydens die aansoekproses moet en liefs nie moet doen nie.
Sedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing ’n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak.
AfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en ’n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin ’n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, vertel in hierdie episode meer hieroor.
Daar is nog baie onduidelikheid rakende die nuwe
Die Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis om in te teken!
AfriForum het ’n vakansiegids aanlyn beskikbaar gemaak met veiligheidswenke vir die vakansietyd. In hierdie episode van AfriPod gesels Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, oor die inhoud van die gids en werp die
Vuurwapens wat in ’n boedel agtergelaat word kan maklik in ’n tameletjie ontaard as die regte prosedure nie gevolg word nie. Daar was selfs onlangs gevalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens vuurwapens summier gaan afneem het. Daar is egter stappe wat gedoen kan word om persone te beskerm wat vuurwapens erf of in besit is daarvan ná iemand afgesterf het. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette oftewel die Bela-wet hou ’n groot bedreiging in vir moedertaalonderrig en skole se taal- en toelatingsvereistes. Die Solidariteit Beweging hou op 5 November ’n vreedsame protesoptog oor dié wet om die organisasie en duisende ander mense se teenkanting te wys. Carina Bester gesels met Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, oor hierdie wet, waarom moedertaalonderrig belangrik is en oor die
Sluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkryk
From the publisher's feed