
Sign up to save your podcasts
Or


*Hierdie episode het op 19 Mei 2021 verskyn
Jacques Broodryk het in Mei 2021 met prof. Koos Malan en Johan Kruger gesels oor die wanbesteding van belastingbetalergeld en of die publiek se frustrasies met die regering oor hierdie wanbesteding kan lei tot ’n belastingopstand. Op 30 Augustus 2021 het AfriForum ’n belastingmanifes gepubliseer waarin die organisasie ’n dispuut met die regering verklaar het oor die vermorsing van belastingbetaler geld en het die organisasie ook gewaarsku dat ’n belastingopstand onafwendbaar is indien die voortdurende plundering van die staatskas en die stoomroller van destruktiewe beleidsidees nie summier gestaak word nie.
AfriForum het onlangs ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk.
Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging en wat die implimentering van NGV vir Suid-Afrika sal beteken.
Aanbieder: Carina Bester
Vervaardiger: Chanté Kelder
Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek Spioenmeesters.
Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure.
Koop Spioenmeesters hier: https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/spioenmeesters/
Aanbieder: Chanté Kelder
Vervaardiger: Chanté Kelder
Weet jy wanneer mag jy foto’s van vermeende misdadigers of ’n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto’s of video’s van misdadigers of ’n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media.
Aanbieder: Carina Bester
Vervaardiger: Carina Bester
AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel.
Chanté Kelder het met Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, gesels oor die geskiedenisverslag.
Aanbieder: Chanté Kelder
Vervaardiger: Chanté Kelder
Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika.
Aanbieder: Andrea van Wyk
Vervaardiger: Andrea van Wyk
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed.
Aanbieder: Chanté Kelder
Vervaardiger: Andrea van Wyk
Marnus Kamer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum kuier in die AfriPod ateljee om uit te brei oor die prosesse rondom onteiening sonder vergoeding, grondeise en jou regte as grondeienaar.
Aanbieder: Chanté Kelder
Vervaardiger / regisseur: Chanté Kelder
Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie.
Aanbieder: Andrea van Wyk
Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk
’n Woede is onder gewone mense aan die opbou oor hulle steeds belasting moet betaal, terwyl hul hardverdiende geld deur die ANC-regering gesteel en deur amptenare aangewend word om hulself te verryk.
From the publisher's feed