AfriPod

AfriPod

By AfriForum MediaNewsNews Commentary
Download on the App Store

AfriPod episodes

  • Episode 8: Magsmisbruik: Formulemelk-pa

    AfriForum se privaatvervolgingseenheid het tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel. Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.

    18 min
  • Promo: Forum Sekuriteit

    Forum Sekuriteit staan reg om jou te help met enige opleiding en veiligheidsdienste binne die raamwerk van die sekuriteitsbedryf. Andrea gesels met Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.

    9 min
  • Episode 7: Onskuldigbevinding van Coligny-2

    AfriForum verwelkom die feit dat Phillip Schutte en Pieter Doorewaard onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hulle in die Appèlhof in Bloemfontein. Sedert die aankondinging was daar gemengde gevoelens op sosiale media en Andrea van Wyk gesels met Kallie Kriel oor die saak, die reaksie en wat gaan volgende gebeur.

    12 min
  • Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self

    Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika.

    Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners.

    Dit bied ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar.

    Koop hier: Ons sal self

    25 min
  • Episode 5: Die standbeeldedebat

    Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor die standbeeldedebat wat steeds woed en hoe ons die geskiedenis en die bewaring daarvan behoort te benader.

    11 min
  • Episode 4: Prioritisering van plaasmoorde

    Plaasmoorde is 'n voortslepende probleem in Suid-Afrika. Teen 16 November 2020 was daar reeds bykans 50 slagoffers van plaasmoorde en steeds word daar niks van die regering se kant af gedoen om hierdie misdaad te prioritiseer nie. Ernst Roets en Marnus Kamfer kuier vandag in die ateljee om te gesels oor watter strukture AfriForum in plek het om plaasmoorde die hok te slaan.

    21 min
  • Episode 3: Politieke inmenging by KSA

    AfriForum het ’n verslag oor politieke inmenging in Suid-Afrikaanse krieket aan die Internasionale Krieketraad (IKR) voorgelê. Dié verslag is ook tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak en toon politieke inmenging in krieket sedert 1998 aan. Die verslag bied ook statistiese bevindinge oor die impak van dié inmenging. Carina Bester het met Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum gesels oor hierdie verslag en wat hulle daardeur wil bereik.

    Vir meer inligting: https://afriforum.co.za/afriforum-stuur-verslag-oor-politieke-inmenging-aan-internasionale-krieketraad/ 

    7 min
  • Promo: Dapper Media

    Dapper Media is passievol oor Afrikaanse musiek en die kunste. Salet Smith, operasionele bestuurder van Dapper Media het kom gesels oor projekte waarmee hulle besig is en waarna kan kykers uitsien in die toekoms.

    Besoek Dapper Media hier en registreer GRATIS: https://www.dappermedia.co.za/

    14 min
  • Episode 2: Magsmisbruik

    In ’n ideale wêreld sal jy jouself tot die owerhede kan wend om jou te beskerm en veilig te laat voel, ongelukkig in ’n land wat toenemend deur korrupsie oorheers word is dit nie die geval nie.  Owerhede misbruik hul mag om hulle eie agendas te bevorder en die resultaat is dat gewone burgers elke dag in vrees leef vir diegene wat veronderstel is om hulle bron van sekuriteit te wees. 

    Onthou vra is vry en voorstelle is altyd welkom: [email protected]

    9 min

About AfriPod

From the publisher's feed

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na…