Sprokies is eintlik soos mites wat in verskillende kulture en lande – gewoonlik deur die ma’s en oumas – rondom die vuur vertel is. Tog is dit ook tydloos, soos ons nou soggens die Grimm-sprokies hoor, wat Cintaine Schutte om kwart voor elf voorlees. Kobus Burger, RSG se senior regisseur: mandaat, het met die gewilde rubriekskrywer Wilhelm Jordaan gesels oor die terapeutiese waarde van sprokies, en waarom dit juis nie net vir kinders bedoel is nie.