Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Roux is die man agter vele bekende liedjies soos ‘Tekkies Brand’, ‘Bietjie Benoni’ en ‘Vuil Coke’, en nou neem hy weer sy plek in die kollig in met nuwe musiek.
Na jare waarin Roux treffers vir ander kunstenaars geskryf het, het hy besluit dit is weer tyd om self in die kollig te tree, en in 2025 het hy ’n nuwe album, ‘Al Lankal’, sowel as nuwe enkelsnitte vrygestel.
As deel van sy terugkeer na die kollig het Roux die jaar afgeskop met die heel eerste Friday Live-optrede van 2026.