Dit voel of vir my dat ons maklik praat oor ʼn inflasiekoers van 5,7%, of ʼn uitgebreide werkloosheidskoers van 46,2%. Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Projek se huishoudelike bekostigbaarheidsindeks plaas hierdie makro syfers in perspektief. Die indeks meet die koste van ‘n mandjie van basiese voedselprodukte wat huishoudings eerste koop om te oorleef.