Die Rally-Raid Dagboek

Die Rally-Raid Dagboek

By Izaac Beytell & Stompie MynhardtSportsLeisureAutomotive
Download on the App Store

Die Rally-Raid Dagboek episodes

  • Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2)

    Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.

    In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid wêreld:

    • Die groot teleurstelling om nie in ’n Nissan bakkie aan Dakar te kon deelneem nie, maar die troos om wel in die Nissan-ondersteuningstrok te kon jaag.
    • Die onvergeetlike avonture tydens daardie Dakar, en hoe hy benoem is vir die gesogte “Spirit of the Dakar” toekenning.
    • Die intense kompetisie tussen Nissan en Toyota, en die wenstrategieë wat hy in rally-raids toegepas het.
    • Die spesiale kameraderie onder kompetiteerders en herinneringe aan die legendariese Roof of Afrika en Woestyn-wedrenne.
    • Sy sagte plek vir die private “kruideniersgeld”-deelnemers en die belangrikheid van vervaardigers se betrokkenheid by streeks-wedrenne.
    • Die lang, spesiale verhouding met Nissan en wat dit geverg het om so ’n vennootskap vol te hou.
    • Ligte en humoristiese oomblikke in die kajuit saam met Francois Jordaan.

    Name wat in Episode 4 genoem word (in volgorde van eerste verwysing): Glyn Hall, Giniel de Villiers, Kenjiro Shinozuka, Ari Vatanen, Francois Jordaan, Apie Reyneke, Kassie Coetzee, Sarel van der Merwe, Buks Carolin, Klaus Degener, Blasie Franken, Tony Pond en Richard Leeke.

    34 min
  • Episode 3 - Hannes Grobler (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.

    Hannes vertel openhartig oor:

    • Sy grootwordjare in Rustenburg, waar rugby sy eerste liefde was, totdat ’n besering hom na die motorsportwêreld gedryf het.
    • Die legendariese jakkalsjag in plakkies en ’n T-hemp met ’n gewone straatmotor – die wedren wat die ouens se oë laat rek het en sy loopbaan afgeskop het.
    • Sy dekades lange, lojale verhouding met Nissan Suid-Afrika.
    • Die ontwikkeling van die ikoniese Nissan Hardbody saam met Glyn Hall, en die begin van ’n goue era vir die span.
    • Hoe hy vir Grégoire de Mévius en Stéphane Peterhansel vir ’n “spin” gevat het – en só twee bakkies aan Nissan Europa help verkoop het.
    • Die begin van sy vriendskap met Giniel de Villiers.
    • Die groot Dakar-teleurstelling, en hoe hy uiteindelik in ’n trok aan die Dakar deelgeneem het.

    Name wat in die episode voorkom: Gawie Visagie, At Kriel, Joggie Klein, Roelf Fikner, Piet Swanepoel, Glyn Hall, Chris de Witt, Pieter de Waal, Sarel van der Merwe, Jan Habig, Nico de Waal, Blasie Franken, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, Giniel de Villiers, Francois Jordaan en Kenjiro Shinozuka.

    33 min
  • Episode 2 - Buks Carolin (Deel 2 van 2)

    In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin. Hy deel onder meer:

    • Die “oorlog” tussen die spesiale voertuie en die fabriekspanne.
    • Die uitdagings van navigasie in die era voor GPS.
    • Sy gunsteling wedrenne en die “Groot Een” wat hy nooit kon wen nie.
    • Sy oorgang as navigator en die belofte aan sy goeie vriend, die wyle Abdul Variawa.
    • Sy ervaring as navigator vir Neil Woolridge tydens die 1998 Paris-Granada-Dakar.
    • Sy indrukke van vandag se voertuie en bestuurders.
    • ’n Interessante storie van ’n motor wat hy wou verkoop... maar toe eerder gaan jaag het (en amper die wegspring misgeloop het ná ’n laat aand se kuier!)
    36 min
  • Episode 1 - Buks Carolin (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin, 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika.

    • Begin sy loopbaan in 1983 as navigator saam met Kenny Skjoldhammer.
    • 3 Nasionale kampioenskappe as bestuurder (1989, 1990, 1991).
    • 3 Nasionale kampioenskappe as navigator (1994, 2000, 2004).
    • Wedren oorwinnings in beide enkel sitplek en dubbel sitplek voertuie.
    • In 1998 deelgeneem aan die Parys-Granada-Dakar Rally as navigator vir Neil Woolridge in ‘n Mitsubishi Pajero.
    35 min
  • Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek

    Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.

    Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator.

    Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid wêreld – van stof, adrenalien en eerstehandse wedren-ervarings tot die mense wat die sport werklik besonders maak.

    Geskiedenis, avontuur en rou passie. As rally-raid in jou bloed is, is hierdie jou nuwe gunsteling potgooi!

    5 min

About Die Rally-Raid Dagboek

From the publisher's feed

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee…