Die Rally-Raid Dagboek

Die Rally-Raid Dagboek

By Izaac Beytell & Stompie MynhardtSportsLeisureAutomotive
Download on the App Store

Die Rally-Raid Dagboek episodes

  • Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)

    In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer:

    · Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het

    · Die teleurstelling van Dakar 2008, wat op die laaste oomblik afgelas is, saam met Mark Corbett in ’n Century Racing Nissan Navara, die waardevolle verhoudings wat gebou is, en die lesse wat geleer is

    · Die 2012 Dakar in Suid-Amerika saam met Mark Corbett in die nuut ontwikkelde Century Racing CR5 – kameraadskap in die Suid-Afrikaanse rally-raid-gemeenskap wat ’n paar waaierbande gespaar het en die stil-stil klas oorwinning

    · Die lewe se gelukskote, die waarde van ’n positiewe ingesteldheid, en die groot impak wat die Dakar op Francois se lewe gehad het

    Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Piet Swanepoel, Giniel de Villiers, Glyn Hall, Jean-Louis Schlesser, Ari Vatanen, Colin McRae, Mark Corbett, Hannes Grobler, Neil Woolridge, Buks Carolin, Julien Hardy, Rudi Balzer, Colin Matthews en Hennie van der Stege.

    ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.

    Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    28 min
  • Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3)

    In hierdie episode gesels ons met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en 'n onvermoeide ambassadeur vir die sport.

    Francois deel openhartig sy ryk ervaringe en stories, onder meer:

    - Hoe die legendariese motorfiets-renjaer Jim Redman petrol in die are van ’n 2-jarige Francois laat beland het

    - Sy aanvankike deelname aan tydrenne, die oorskakeling na navigatorskap en die paaie wat uiteindelik gelei het na veldrenne

    - Sy ontmoeting met Giniel de Villiers en die ontwikkeling van hulle hoogs suksesvolle vennootskap

    - Die goue ontwikkelingsjare van die formidabele Nissan Hardbody saam met Glyn Hall

    - Die spesiale verhouding met die legendariese Hannes Grobler

    - Van toeskouer by die Dakar tot uiteindelike deelnemer saam met Giniel

    Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Pat Moss, Geoff Mortimer, Johan Sieling, Bob Hardy, Richard Leeke, Jan Hettema, Sarel van der Merwe, Hannes Grobler, Piet Haasbroek, Giniel de Villiers, Roelof Fekken, Louis Cloete, Enzo Kuun, Naas le Roux, Glyn Hall, Piet Swanepoel, Apie Reyneke, Robin Houghton, Mike Whitfield, Alec Poole, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, Leon Both, Mac McKensey, Brink Linderman, Gary Bertholdt en Mark Conje.

    ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.

    Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    26 min
  • Episode 12 - Bodo Bertholdt (Deel 2 van 2)

    In hierdie episode gaan ons verder met een van die ware pioniers en legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid – Bodo Bertholdt. Bodo deel meer onvergeetlike stories oor:

    • Die kuns van verbetering op die ou Volkswagen Kewers, die oorskakeling na Sandmasters, en die stryd teen modder, skokbrekers en outydse “boer-maak-’n-plan” boswerktuigkunde
    • Sy liefde vir die Barberspan 500, die mense en hulle ongelooflike gasvryheid
    • Ervaringe by verskeie wedrenne deur die jare en die dramatiese ontwikkeling van die voertuie
    • Hoe motorsport ’n familie-saak geword het – met seuns en kleinkinders wat almal betrokke is
    • Die kultuur van die sport vandag versus die ou dae, en wat dit regtig beteken om ’n legende te wees
    • Die koste-aspek van die sport, die belangrikheid van fabriekspanne, en hoe die verskillende klasse die sport kompeterend hou
    • Sy liefde vir alle vorme van motorsport, insluitende veldfietse en go-karts
    • Die seën om ’n sport te kan beoefen waar die hele familie saam betrokke kan wees

    Name wat in die episode genoem word (in volgorde van verskyning): Paul Coertzer, Gerd Degener, Gary Bertholdt, Buks Carolin, Bevan Bertholdt en Paddy Driver.

    ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    24 min
  • Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt,

    As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword.

    In hierdie episode vertel Bodo van:

    • Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna

    • Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het

    • Die besonderse "Spirit of the Roof of Africa"-toekenning wat vir hom baie beteken

    • Hoe die sport vinnig ontwikkel het toe die eerste Amerikaanse voertuie ingekom het

    • Die truuks wat hulle gebruik het om ou voertuie meer kompeterend te maak

    • Die storie van die voertuig wat van die krans afgeval het in Lesotho — en gratis aangebied is aan enigiemand dapper genoeg om dit te gaan uithaal

    • En ja… as jy tydens ’n wedren ’n nuwe ratkas nodig het — bel net jou vrou!

    Genoemde name in dié episode (in volgorde van verskyning): Mev Bertholdt, Gary Bertholdt, Philip Malan, Glen Parker, Jack Spencer, Gerd Degener, John Salters, Harry Ruscoe, Brett & Steven Parker, Paul Coertzer, Buks Carolin, Kenny Sjoldhammer, Franz Czepek en Ken Hillebrand.

    ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    25 min
  • Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)

    🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar!

    In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en een van die ware steunpilare van rally-raid in Suid-Afrika, Jannie Visser van die Barberspan Motor Klub.

    Jannie kyk terug op sy indrukwekkende loopbaan – van sy heel eerste wedren in 1989 tot sy Nasionale Kampioenskap in 2011. Hy deel van die mooiste en spesiale oomblikke op die pad, waaronder die emosionele hoogtepunt om saam met sy jonger broer, Chris Visser, op die podium te kon staan na afloop van die 2011 Toyota 1000 Woestynwedren.

    Hy gee ook sy opregte siening oor die huidige stand van rally-raid in Suid-Afrika: die voertuie, tegniese vooruitgang, en die moderne uitdagings wat die sport in die gesig staar.

    In hierdie week se “Op ‘n Ligter Noot” deel Jannie ’n snaakse storie oor die soektog na ’n No. 22 spanner in die bosveld!

    Name wat in Episode 10 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser Snr, Mof Visser, Andries Visser, John Salters, Chris Visser Jnr, Japie Badenhorst, Joks le Roux, Anthony Taylor, Duncan Vos, Jean Els, Hannes Grobler, Bella Geldenhuys, Hennie der Stege, Kassie Coetzee, Fred die Hilux, Berkhens, Gerhard Campher, Vic Campher, Lourens Erasmus, Ockie Fourie, Johannes Bester.

    ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, YouTube en jou gunsteling potgooi-platform.

    Soek eenvoudig “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    29 min
  • Episode 9 - Jannie Visser (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met een van die legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid: Jannie Visser – voormalige nasionale kampioen en steunpilaar van die Barberspan Motor Klub.

    Jannie neem ons saam op 'n nostalgiese reis deur die sport se geskiedenis en deel fassinerende stories oor hoe dit alles begin het:

    • Die ontwikkeling van baan-modderwedrenne by Syringa Park tot by Barberspan, en die oorgang na veldwedrenne weens brandstofbeperkings
    • Die groot bydrae van die Wes-Transvaal-motor-klubs tot die sport se groei
    • Die ikoniese Barberspan 500 – Suid-Afrika se oudste rally-raid-wedren
    • Die vroeë dae se kreatiewe roetebeplanning (en hoekom kunsmissakke in bome onmisbaar was!)
    • Hoe die Wêreld Rally-Raid Kampioenskappe in 2025 van die legendariese Barberspan-roetes gebruik gemaak het
    • Die Visser-familie se diep en voortgesette betrokkenheid by die sport

    Name wat in Episode 9 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser, Mof Visser, Richard Schilling, Bodo Bertholdt, Franz Czepek, Hennie Reyneke, Apie Reyneke, Rudi Muller, Hannes Grobler, Buks Carolin en Andries Visser.

    ’n Nuwe episode van “Die Rally-Raid Dagboek” verskyn elke Donderdag!

    Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube, of jou gunsteling potgooi platform.🔥

    29 min
  • Episode 8 - Kassie Coetzee (Deel 2 van 2)

    In hierdie episode gesels ons verder met die legendariese Kassie Coetzee — een van Suid-Afrika se motorsport legendes. Oom Kassie deel openhartig oor:

    • ’n Koppie tee op ‘n skinkbord in die middel van nêrens
    • Die ongeluk wat hom ’n nasionale kampioenskap gekos het
    • Die goue era van Suid-Afrikaanse motorsport en die blywende vriendskappe
    • Sy uittrede uit motorsport
    • Sy dogter, Elvéne Coetzee-Vonk se fantastiese loopbaan as top-navigator
    • Sy indrukke van die huidige rally-raid-wêreld
    • Die soektog na “Fred” — die spesiale Toyota Hilux
    • Sy blywende liefde vir die sport, ten spyte van siguitdagings

    Name wat in Episode 8 genoem word (in volgorde van verskyning): Richard Leeke, “Fred” die Toyota Hilux, Hannes Grobler, Wiley Harrington, Loftus, Etienne Malherbe, Buks Carolin, Richard Schilling, Sarel van der Merwe, Elvéne Coetzee-Vonk, Leeroy Poulter, Hendrik Verwoerd, Luan Coetzee, Jayden Els, Kobus Roos, Hannes Visser, Waldo van der Waal, Jannie Visser, Derick Pinnoy en Klaus Degener.

    Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag en is beskikbaar op: Apple Podcasts | Spotify | YouTube of jou gunsteling potgooi-platform.

    22 min
  • Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met die legendariese Kassie Coetzee – een van Suid-Afrika se grootste motorsport-ikone. Oom Kassie deel openhartig en met baie humor sy merkwaardige loopbaan, van sy vroegste dae tot die hoogtepunte agter die stuur.

    In hierdie episode hoor jy onder meer:

    • Sy avontuurlike beginjare in tydrenne saam met lewenslange vriende
    • Hoe Hannes Grobler hom genooi het om in ’n prototipe Nissan Skyline te jaag
    • Die oorgang na Rally-Raid saam met die Castrol Toyota Fabriekspan
    • Die legendariese “Fred” – die gewilde en gewillige Toyota Hilux – en hoe hulle saam ’n wenmasjien geword het
    • Hoe renjaers ontwikkel: “Jy kan óf jy kan nie” en die 4 sleutelbestanddele vir sukses in motorsport
    • Spesiale herinneringe aan epiese wedrenne soos die Roof of Africa en Woestyn Wedren

    Name wat in Episode 7 genoem word (in volgorde van eerste verwysing): Tommy Fraser, Jan Hettema, Willem van Heerden, Hannes Grobler, Chris de Wit, Wiley Harrington, Sarel van der Merwe, Richard Leeke, Philip Malan, “Fred” die Toyota Hilux, Apie Reyneke, Robin Houghton, Carlos Sainz, Ari Vatanen, Sebastian Loeb, Nasser al-Attiyah, Colin McRae, Henk Lategan, Guy Botterill, Thelma Reyneke, Ockie Fourie, Buks Carolin, Klaus Degener, Franz Cepek, Richard Schilling, Cliff Barker, Van Scheur, Giniel de Villiers, Fouche Blignaut, Vic Deiner, Ivor Peltz, Franz Boshoff en Piet Swanepoel.

    Luister elke Donderdag na ‘n nuwe episode van “Die Rally-Raid Dagboek” beskikbaar op: Apple Podcasts | Spotify | YouTube | of jou gunsteling potgooi-platform.

    Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    26 min
  • Episode 6 - Richard Schilling (Deel 2 van 2)

    In hierdie episode gesels ons verder met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsportfigure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport.

    Richard was onder andere:

    • Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA)
    • President en later Ere-President van MSA
    • Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Championship (SARRC)
    • President van die FIA se Cross Country Rally Commission

    Rally-Raid in Suid-Afrika pluk vandag nog die vrugte van sy reuse impak – plaaslik én internasionaal.

    In die tweede helfte van ons gesprek vertel Richard openhartig oor:

    • Sy oorgang van kompeterende mededinger na motorsport administrasie
    • Waarom motorsport soos ’n professionele besigheid bestuur moet word vir volhoubaarheid
    • Jean Todt se uitnodiging om op die FIA se Cross Country Rally Commission te dien – en hoe die “lelike eendjie” van die FIA in ’n mooi swaan verander het
    • Die bemiddeling tussen die Dakar-organiseerders en die FIA, wat uiteindelik gelei het tot die totstandkoming van die World Rally-Raid Championship (W2RC)
    • Uitdagings met voertuig-ekwivalensie en die belangrikheid van tegniese reëls
    • Onvergeetlike poetse en stories van stoute deelnemers
    • ...en ja, wat is die kans dat die motorfietsryer wat skielik voor hulle tot stilstand kom tydens die Dakar in Argentinië, toe niemand anders is as Brett Cummings!

    Name wat in die episode genoem word: John Salters, Glyn Hall, Piet Swanepoel, Hannes Grobler, Giniel de Villiers, Jean Todt, Xavier, Neil Mwenye, Henk Lategan, Robin Yates, Buks Carolin, Klaus Degener en Brett Cummings.

    25 min
  • Episode 5 - Richard Schilling (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsport figure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport.

    Richard was onder andere:

    • Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA)
    • President en later Ere-President van MSA
    • Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Championship (SARRC)
    • President van die FIA se Cross Country Rally Commission

    Rally-Raid in Suid-Afrika dra vandag nog die vrugte van sy reuse impak – plaaslik én internasionaal.

    In die eerste helfte van ons gesprek vertel Richard openhartig oor:

    • Sy begin jare in die sport tydens die uitdagende Roof of Africa wedren
    • Hoekom Volkswagen Kewers so gewild was in veldwedrenne (in Suid-Afrika én Amerika)
    • Die groei van die sport in Suid-Afrika en die oorskakeling van die Amerikaanse na die Europese / Dakar-benadering
    • Sy deelname aan Baja-wedrenne in Amerika en Mexiko, waarvoor hy later met Protea-kleure vereer is
    • Toyota en Castrol se slim bemarkingstrategieë met veldwedrenne en epiese wedren herinneringe

    Name wat in Episode 5 genoem word: Jurgen Hartel, Chris Visser Snr, Mof Visser, Andre Kock, John Salters, Buks Carolin, Klaus Degener, Rick Scalzer, Hannes Grobler, Apie Reyneke, Philip Malan, Giniel de Villiers, Richard Leeke, Fred Lievesque, Robbie Wark, en Ashley Thorn.

    28 min

About Die Rally-Raid Dagboek

From the publisher's feed

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee…