Een van die wonderlikste eienskappe van God is dat Hy alwetend is, en dat hy ontmoetings reel, 'n mens se paaie met andere laat kruis, mense wat onbereikbaar is in menslike oe kan bereik, en alles wat in hierdie wereld gebeur vleg inmekaar volgens Sy wil en raadsplan en God se voorsienigheid laat alles gebeur soos Hy vooraf bepaal het.