Klim saam met Mel, Saffa Mamma en Edó op die soustrein en wees gereed vir stories wat strek van hul kinder dae tot hul grootste drome. Jou drie nuwe gunsteling potgooi-aanbieders gesels in hierdie eposode bietjie oor hul gunsteling disse, saam met wie hulle graag sal wil dinner (lewens of dood) en mans wat vol olie gesmeer is! Hierdie reis is propvol opwinding, inspirasie en oomblikke wat jou sal verras en aanspoor.
Vanuit die gemak van jou eie ruimte kan jy deel wees van hierdie buitengewone geselskap. Wat het Mel saam met 'n wild vreemdeling in Thailand geëet? Soek SaffaMamma tête vir hande, of hande vir tête? Hoekom eet Edó 'n burger met 'n mes en vurk? Sluit by hulle aan en laat die stories jou verras terwyl jy 'n nuwe begrip ontwikkel vir die mense wat hulle is.
Hierdie podcast verwelkom jou met ope arms om deel te word van die gemeenskap wat mekaar inspireer en aanmoedig om die lewe voluit te leef. Wen 'n lekker prys geborg deur Burger Meubels in Bellville (Kaapstad) deur comments te los en jou gunsteling oomblikke op social media te share. Onthou om die aanbieders en die amptelike 'Dinner en Skinner' bladsye te tag elke stappie van die pad!