Ryk van Niekerk gesels met Nicolene Cilliers, die eienaar van Nici’s Accessories, Gifts & Décor. Nicolene het in 2015 besef dat sy genoeg gehad het van die korporatiewe wêreld, die besigheid by haar huis in Pretoria begin. Vandag besit sy twee suksesvolle winkels in Pretoria met 13 werknemers. Nici’s Accessories, Gifts & Décor verkoop juweliersware, geskenke, dekor en klere.