Jòvan Pienaar, die eienaar van Conqueror Wes-Kaap, vertel hoe hy ’n korporatiewe loopbaan verruil het om vir homself te werk, en die lewensvrugte daarvan te pluk.
Clarissa Carsten, die eienaar van Springbok Gasteplaas en Clarissa Carsten Specialized Services, gesels oor haar besighede en haar planne vir die toekoms.
Ryk van Niekerk praat met Chanté Venter, stigter en bestuurshoof van Wise Move, wat bekend is as die Uber vir verhuisers. Hulle bied 'n eenvoudige, doeltreffende en betroubare manier vir kliënte om verhuisingsdienste aanlyn te bespreek.
Ryk van Niekerk praat met Jeremy Arries, die eienaar van Silver Solutions. Hulle lewer 'n wye reeks dienste, wat strek van konstruksie en instandhouding tot die uithuur van toerusting. Jeremy het op die ouderdom van 13 sy ouerhuis verlaat om 'n lewe van dwelmmisbruik en bendegeweld te ontsnap. Vandag is hy 'n suksesvolle entrepreneur.